verdiende loon

  • 0

moet nooit kla, weer, as’t reën,
vergeet nooit, medemenslikheid,
aan ieder enne elk t’gee, t’skenk

sonner Naaste, Liefde, val sisteem,
stelsel, stuk vir stuk, ineen, in duie,
gee’t reg vannie fondament af mee

maak staat op Skepper, Fundamenteel,
gat nooit iemand anners verbaal t’lyf,
vermy “ras”-definisie, etimologie, nes pes

herwin, Mens, Gewete, Lewe Twee’s reg, 
vir diegene wat aan Skepper-Sy wil veg,
alles oneties is suiwer struktuurgeweld

maak staat op Almag, op Sy Genade,
kyk hoe naby’s Mens aan sy/haar skade,
gemaksugsyfer moet noodwendiglik sak,
’s nou nie altemit, m’t Krisis-’n-al, eish

Via Gewete kan Millennium Drie Mens weer sien,
elkeen kry mooi wat hy of sy, éksklusief, verdien

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top