Verdere kommentaar vir Jaco

  • 0

Hallo Jaco

Ek verwys na jou kommentaar op myne onderaan jou brief oor die rand wat so krimp (3-6-2013).

Jy maak wilde gevolgtrekkings en jou gevolglike redenasie is dan 'n kaartehuis. Jy sê byvoorbeeld ek gee te kenne ('intimeer' is die woord wat jy gebruik het) dat swartes "... beskik ... nie oor die vermoë om oplossings tot enige probleem te kan kry nie."

Dit is onsin; gaan kyk maar in die argief. Ek het meermale al gesê ek glo dat daar geen verskil is in IK tussen swart, geel, beige en wit nie. Die normaalverdelingskromme mag na gelang van omstandighede tydelik effens skeefgetrek wees maar oor die eeue heen is almal ewe slim en dom.

Die rede hoekom Afrikastate (oor die algemeen) agteruitgaan – en dit het ek ook al meermale voorheen genoem – is omdat daar nie demokratiese stelsels is nie; daar is nie regering vir die volk deur die volk nie. Honderde verskillende volke is saamgegooi in 'n arbitrêr afgebakende gebied en daar word vir hulle vertel 'julle is nou een land en julle gaan 'n demokrasie bedryf.' Dit bring mee dat 'n klomp minderhede (wat ook onderling onversoenbaar is) deur 'n meerderheid regeer word, lees uitgebuit word.

Jy raak ook ad hominem, verwys byvoorbeeld na Dan as Rooi Daantjie. Hoekom? Dink jy hierdie soort van optrede versterk jou redenasie? Dis mos nou die man speel in plaas van die bal en is aanduidend van 'n definitiewe onsekerheid aan jou kant.

Behalwe wilde gevolgtrekkings maak jy ook ongegronde stellings. Jy praat van my 'onlogika' en dit mag waar wees maar wys dit dan uit dat ek my fout kan agterkom en die regte pad betree. Beledigings slinger is glad nie volwasse debat nie. Jy sê ook ek vermy kwessies. Weer eens, mag so wees maar sê waar sodat ek kan regstel en leer.

Die enigste ouens wat ek sien kwessies vermy is die lede aan die sogenaamde liberale kant met uitsprake soos 'ek praat nie met fanatici nie' of 'ek praat nie met ouens wat skuilname gebruik nie', die soort van ding

Die 'issue' wat jy nou gedurig reken ek systap is jou vraag "wat is JOU oplossing?" Laat ek dit maar vir jou uitspel alhoewel ek dit al male sonder tal gedoen het: Demokrasie.

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top