Verder vorentoe
Daar is iets
Wat my dae lank al pla.
Al wat ek vra
Is dat jy na my hart sal luister.
Ek is glad nie meer myself.
Lewe het gekom en my hart geskeur.
Ek moes leer opstaan.
Ek moes leer veg.
KOOR:
Om jammer te sê
Is nie maklik.
Dit was my besluit om te neem.
Jy was net te ver
Om enige iets te hoor.
Jy het geweet wat als beteken.
Sonder enige verskoning
Maak ek myself.
Jy het geen meer opinie
In my hart oor.
As ek daar was
Of jy by my,
Sou ek beter kon verduidelik.
Hier is waar ons nou staan.
Hier is waar ek moet wees.
Dis net ek.
Niks sal kan keer
Of my hart verder beseer.
Ek besluit,
My beluit.
KOOR
Ek is in beheer
van wat verder moet gebeur.
Ek hoop dat jou hart eendag sal oop wees ...
Vir my.
Alles wat ek nog nodig het om te sê
Sal jy hoor.
KOOR
Dis nooit maklik nie.
Alles was my besluit.
Nie nodig vir enige van my verskonings.
Gee my dae,
Gee my woorde,
Gee my ’n kans.
![]() |



