"Verblyf" deur Erik Levigne

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Liefde kan groei uit chemie
En haat kan skim tot rou
Vandag is ek `n engel en môre sluk ek jou

Hier kom die swam en die semel
Hier kom die plaag en die kwaad
Hier is die virus en die klont in die pienk van die wond

Liefde kan groei uit chemie
En haat kan skim to rou
Vandag is ek `n engel en môre sluk ek jou

`n Vrot hand met `n aalmoes
`n Aand met somer dou
Op die vooraand van `n oorlog
Word daar altyd partytjie gehou

Liefde kan groei uit chemie
En haat kan skim to rou
Vandag is ek `n engel en môre sluk ek jou

In die voetspoor van die wat oor die horison verdwyn
Het onwis en twis
`n Blyplek gekry

Die berge in die ooste
Die platorand soos `n tou
Die vlaktes in die weste
Is groter as my liefde vir jou.

Liefde kan groei uit chemie
En haat kan skim to rou
Vandag is ek `n engel en môre sluk ek jou
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top