Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Doof in jou gehoor
’n Kind van die verhoog
Realiteit maak seer
Maar drome sal genees
Die aarde is vol kleur
Die maan is alleen
Vra vir die dae
Ek’s jonk en nog kaal
Vryheid elke keer
Ouderdom is leeg
Skinner oor probleme
Tel maar ongeveerd
Keuse oor geloof
Ek’s seker maar ook
Ontevrede van wie my probeer
Beroof
Refrein:
Verbeelding
Is tv in my brein
’n Afskakeling
Van prioriteit
Reëlings
Is wat my onderskei
Waar rêrig is
En van mentaliteit
Vers 2:
Kry ’n stok en
Maak dit wat jy wil
Skryf ’n storie
Met ’n agtergrond
Die kameras is weg
Dit maak jou skaam
Gebrand deur die son
Jou tyd is op
Vermy om te slaap
Verwagting van ’n laat aand
Die honde raak wild
As skaduwees rond loop
Die agterdeur raas
Die aand is koud
Die paaie is stil
Die dag was
Beroof
Refrein:
Verbeelding
Is tv in my brein
’n Afskakeling
Van prioriteit
Reëlings
Is wat my onderskei
Waar rêrig is
En van mentaliteit

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

