"Veraai" deur Margaret Lotz

  • 0

Verraai

Ek en jy kan maar bly
Want wat jy aan my kan wy
Is glad nie bedoel vir my.
? Waaghalsige soektog
na iets wat ek eventually sal vind
op die oomblik is my paadjie na êrens nog glad nie kortgeknip.

Jammer en ek sê jammer
Ek het jou verraai

Solank dit aan my behoort
Die decision – die choice.
Ek weet nie eens hoe om te explain,
Want niemand van my kan ooit begryp
My soeke na miskien niks?
Maar eerder sal ek dit op my eie waag,
Want responsibility is iets wat ek
In die kas toemaak.

Jammer en ek sê jammer
Ek het jou verraai

Sover ek weet dink ek stability is iets
Waarna jy hunker en knaag
Na soveel hartseer en leuens
Wat jou seermaak.

Jammer en ek sê jammer
Ek het jou verraai

Miskien maak jy anderste besluite,
Want jou lewe lê feitlik aan skerwe
Wees net eers beslis voor jy dink jy is wys.
Jy kan nie jouself heel
Deur te dink dit is cool om jou met my te deel.
Ek is nie jou saviour of lighthouse at the shores of your sea.
Dit is iets wat jy jouself mee moet versier.

Jammer en ek sê jammer
Ek het jou verraai

Ek is maar net ek
En jy is maar net jy
Maar so sal ons leer
Uiteindelik uit harte teer.
Jy sal op jouself moet staatmaak
Ek is in geen ways responsible vir jou sterkword.

Vir nou eers is dit goodbye
Jammer dat jy voel ek het jou verraai.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top