Venster van verlange
Deur die venster van verlange
word ? meesterstuk geskilder
in kleure waarvan drome ons vertel
Verstaan die woorde uit my hart
Maar jy sal my moet vra
voor ek wegkyk van die venster wat ek dra
Saam klim ons die mure
wat gister hier kom staan
Sonder al die swaarde van plastiek
Kry vir jou ? verfkwas
En ek leer jou van my kleure
Voor jy wegkyk van die venster wat ek dra
REFREIN:
Laat my sing sonder môre
Laat my dans op ? Sondag
Laat my lewe in die deure van vandag
Vra my nou sonder vrede
Verf met al die droom se kleure
? Meesterstuk van gister vir vandag
Donker maan op water
Stap met my vanaand
Stap met my tot waar die grens begin
? Tree vol soet verwagting
Gooi my voete oor
die heining wat ek weier om te sien
REFREIN
BRUG:
Die venster van verlange
lok die donker maan
wat meesterstukke aan die hemel hang
Sien ons dieselfde sterre
vanaand en môre-oggend?
Antwoord my voor jy my kan vra
REFREIN


