
Foto: Canva
Vegkop
Hierdie bloedslag het ons nie beplan,
vyftig waens in ’n laer saamgespan,
Mag God ons smeekbede verhoor,
Silkaats kom weer plunder en moor.
Boesman Kam het die tyding gebring:
op pad teen ons in die kring,
’n legioen van skalks vyfduisend man,
honderd en vyftig keer meer as ons span.
Hoe kan ons die aanslag weerstaan,
ons ammunisie is amper gedaan.
Ons vee oor generasies geteel,
sal verdedig met bloed voor hul steel.
Wawiele gebind en styf vasgetrek,
snaphane gevoer in die bek.
Op ons Skepper en vuursteen en haan,
berus ons voortbestaan.

