"Veg vigs" deur Carina van der Merwe

  • 0

Veg vigs

Daar’s ’n nuwe siekte in ons land
kom blykbaar van die aap se kant.
Jy weet, ek weet, ons almal weet,
die ding gaan nog ons land opvreet.

Koor:

Wees tog nou trots
Staan vas soos ’n rots
Weet wat jy wil hê
Moenie opgee of gaan lê.

Al wat ons aldag van hoor is van vigs agter en voor x2
Veg vigs x4

As almal net meer waardes kan kry
Kan ons saam teen die siekte stry.
Die rondneuk werk nie wag vir trou,
Anders gaan jy dit berou.

Koor:

Wees tog nou trots
Staan vas soos ’n rots
Weet wat jy gaan kry
As jy aan die siekte ly.

Al wat ons aldag van hoor is van vigs agter en voor x2
Veg vigs x4

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top