Hello
In die konteks van vorige besprekings wat na Joan Didion verwys het, The Year of Magical Thinking, asook die nuwe ontwikkeling waar daar op letterkundige manier met smart en rou omgegaan word in memoires. Daar is nou al ’n verskeidenheid van sulke werke en apart van die alreeds bespreek kan daar na Roland Barthes se Mourning Diary ook verwys word. Na aanleiding van die bespreking van hierdie boek deur Michael Wood in London Review of Books kan geoordeel word dat hierdie ook ’n goeie boek in hierdie genre is.
Joan Didion het nou ’n nuwe boek uit wat vrygestel sal word op 1 November 2011. Die boek se titel is Blue Nights en handel oor die afsterwe van haar dogter, Quintana Roo, en die tydperk na dit. ’n Boek gevul in die woorde van Didion met, “rosaries of neglects, derelictions, and delinquencies”. Soos in die Katolieke term, sondes van "omission" en "commission".
Die verwyt na die afsterwe van ’n kind en die bevraagtekening van hoe sy anders as ’n ouer kon gewees het. Die tekortkominge van haarself as ’n moeder.
“I don’t think anybody feels like they’re a good parent.”
“Or if people think they’re good parents, they ought to think again.”
Behalwe vir hierdie selfondersoek oor wat verskuldiging was aan Quintana Roo, meer ondersteuning, meer erkenning vir die persoon wie Quintana Roo was dui Joan Didion aan dat die omvang van die boek ook handel oor, “this refusal even to engage in such contemplation, this failure to confront the certainties of aging, illness, death.”
Om die “Blue Nights” van die titel te verduidelik. Dit kom van die, "twilights that linger in northern latitudes in the early summer, giving the eerie impression that darkness might never come".
Maar word getemper en moet in konteks van die volgende gesien word.
“I found my mind turning increasingly to illness, to the end of promise, the dwindling of the days, the inevitability of the fading, the dying of the brightness. Blue nights are the opposite of the dying of the brightness, but they are also its warning. I was no longer, if I had ever been, afraid to die: I was now afraid not to die.”
Baie dankie
Wouter

