Variëteite van ongelykheid

  • 3

Hierdie uit die bespreking van Scruton, wat tog weer dit in die lug laat hang, daar is die wat beter is en die res is nie beter nie:

Daar is "real distinctions between people". Dit is 'n feit dat mense indiwidueel verskil. Dit is net so onbetwisbaar dat mense groepsgewys bv kultureel verskil. Dit is idealisties en eintlik dwaas om sodanige verskille te ontken, almal gelyk en selfs eenders te verklaar en dan voort te gaan asof almal inderdaad gelyk en eenders is, behalwe wanneer klaarblyklike ongelykheid as 'n verwyt teen wittes geslinger kan word.

Bogenoemde is 'n refrein sonder end. Daarom dan die volgende.

Hierdie is op my Kindle vir 'n ruk nou al en is die idees in die opstel vervat werklik waardevol:

Variëteite van ongelykheid

1. Ongelykheid van mediese ongeskiktheid. Sommige mense is blind, verlam, ens

2. Ongelykheid aan talent. Sommige mense is geseën met die vermoë van 'n Michael Jordon, of 'n Brad Pitt.

3. Ongelykheid aan vryheid.

4. Ongelykheid van geld (dws inkomste / welvaart / verbruik.)

5. Ongelykheid van persoonlikheid.

6. Ongelykheid van geestesgesondheid-eintlik net 'n meer ekstreme weergawe van punt 5-maar 'n groot drywer van nut.

7. Ongelykheid van toegang tot gesondheidsorg.

8. Ongelykheid van mag.

9. Ongelykheid van die plek. Is jy gebore in die hartseer Moldawië, of gelukkig Denemarke?

10. Ongelykheid van geluk.

11. Ongelykheid van jou familie situasie. Leef jy met 'n uiters moeilike familielid ('n beledigende gade, 'n bejaarde persoon met Alzheimer se siekte, of 'n moeilike tiener.) Dit het 'n groot invloed op die kwaliteit van jou lewe.

12. Ongelykheid van die siekte. Het jy vigs, of kanker?

13. Ongelykheid van voorkeure. Goedkoop versus duur.

14. Ongelykheid van pyn. Pyn is pyn. Siekte ens.

15. Ongelykheid in die sosiale omgewing.

16. Ras / etniese / geslag / seksuele voorkeur ongelykheid

17. Ongelykheid van nerdiness / ongemaklikheid. '

18. Ongelykheid van voorkoms (skoonheid, vetsug, ens) Michel Houellebecq, sê dit is die grootste bron van ongelykheid in ryk lande

Hoe verander bogenoemde ons oordeel oor mense, moet die wat van die ongelukkige ongelykhede doodeenvoudig gelaat word om te sneuwel in die onregverdigheid van die bestaan of sal daar gepoog word om tog 'n regverdige samelewing soos menslik moontlik daar te stel.

Of moet dit aanvaar word, dat indien die geluk aan jou kant was, jy dit verdien het en die res dit nie verdien het.

27 April en nie 6 April is die dag wat nou 'n toekoms aan almal bied.

Baie dankie

Wouter

  • 3

Kommentaar

  • Wouter

    Met alle respek en deernis.  Beide 6 en 27 April het niks te make met enige SA se welvaart vir sy toekoms nie.  Beide datums is suiwer geskiedkundige bakens van gebeure van die verlede wat herdenk word, eersgenoemde deur die vorige blanke regering gewettig, laasgenoemde deur die huidige swart regering gewettig. 

    Feitlik. Anderskleuriges gaan nie 6 April herdenk nie, en feitlik, afgesien van 'n miniskule minderheid om politiese ondersteuning te toon, gaan die oorgrote meerderheid blankes nie 27 April herdenk nie.  27 April tot datum, wys geen noemenswaardige bywoning deur blankes, kleurlinge en Indiers,  van enige nasionale feesvierings op daardie dag nie.  Selfs Jeugdag onder blankes het nasionale-boereworskompetisie-dag geword. So dis bes om van altwee geen "issue"  van te maak nie, en eerder dat almal poog om  saam te werk op 'n samelewing wat in die toekoms vir almal laat voel ons is Suid Afrikaners, met min of geen klem op die verlede nie. Tans kry blankes die gevoel dat anderkleuriges nie SA met hulle wil deel nie, maar hulle word "getollerate" suiwer vir hulle ekonomiese bydrae tot die land.

    Huidig, om versoening daadwerklik te bewerkstellig, is die "ball in the court" van die swart regering, anders word die kloof tussen die rasse al hoe meer groter vir die toekoms.  Die reg en verkeerd van die verlede is die grootste struikelblok tot versoening, veral wanneer dit oor en oor oor-beklemtoon word.

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco

     
    Baie dankie vir jou insig en die stof tot nadenke wat dit bied. Die datum van 27 April was vir my 'n datum wat moontlik op 'n nuwe begin kon dui, maar indien die wittes nie ingekoop het wat die dag betref nie, dan bewys dit ook dat alles is nog nie wel nie in die gemoed van die samelewing nie. 
     
    Dit is 'n onderwerp waarin ek belang stel, hoe word wittes in die land ervaar, gegewe die geskiedenis, en is dit amper onmoontlik om 'n eerlike antwoord te bepaal.
     
    Is die mense nog steeds vreemdelinge vir mekaar, wat is die sielkundige nagevolge van die geskiedenis in Suid-Afrika op sy mense.
     
    Ek weet nie, maar sou bitter graag wou weet.
     
    Jy bied 'n moontlikheid. Sonder om jou geduld te toets, hoe kan sulke stellings getoets word, 'wittes word verdra'.
     
    Moeilik.
     
    Baie dankie
    Wouter
  • Beste Wouter,

    Jy is heeltemal reg.  Indien 'n stelling gemaak word, behoort dit ook gestaaf te kan word om deur enigiemand gekontrolleer te kan word indien die suiwer wetenskaplike pad gevolg wil word.

    Ek hou nie rekord van uitlatings en peilings nie.  In hierdie geval het ek op geheue staatgemaak, en daarin sal jy en die leser op my rekord van die verlede moet self bepaal of ek lieg of die waarheid praat. Selfs bepaal op jy en ander op persoonlike waarneming tot dieselfde gevolge kom. "Jy skryf:" hoe kan sulke stellings getoets word, 'wittes word verdra'."  ANC ministers en ander, selfs Malema, het al in die verlede op of direkte wyse of indirekte wyses te kenne gegee dat wittes net verdra word.  Daar was al peilings in die onlangse verlede gedoen wat ook gewys het die kloof tussen blank en nie-blank al hoe groter word, veral onder die jeug. Het jy enige ander inligting tot die teendeel miskien?

    mbt. 29 April.  Die feit dat blanke gesigte opsigtelike afwesig is in die stadions ten tye van feeste daar gehou, behoort ook te toon blanke onbelangstelling in sodanige dag.

    "maar indien die wittes nie ingekoop het wat die dag betref nie, dan bewys dit ook dat alles is nog nie wel nie in die gemoed van die samelewing nie".  Wittes sal nooit daarin sal kan inkoop solank daar deur die regering teenoor hulle gediskrimineer word, veral op die gebied van werksgeleenthede wat hulle ontse word, en persoonlik kan hulle nie daarvoor blameer nie.  Die dat ek geskryf het:  "The ball is in the government's court"

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top