Vanaand kuier ek in die Bosveld
Ek weet waar’s Koos Kombuis se huisie
En waar sit Lucas in Victoriabaai
My oom se motor’s ’n ou masjien
Hy word gediens deur Piet Bedien
Wolraad Woltemade swem in die see
En Racheltjie lê stokstyf in die sneeu
En daar’s ’n Zoeloe op my stoep
En ek hoor nog vir Dick King roep
Koor:
Vanaand kuier ek in die Bosveld
Vanaand kuier ek in die Kaap
My hele lewe hier in die Bosveld
Maar vir my oudag onder in die Kaap
Tolla was mos ook ’n Rekki
Amper so tough soos Dirkie Uys
By Bloedrivier kos dit toe laer trek
En toe het ons daai impi’s gewys
En kyk vir Doc Craven en Bliksem
Wat daar staan by Coetsenburg
Het jy gehoor van Raka en Fiela se kind?
Het ’n affair gehad onder die brug
Koor:
Afrikaners is mos plesierig
Of is dit net wat hulle sê
Ek kry mos nou die dag vir Sarie
Maar nie by die mielies nie
Maar in Huis Marais
Ek ken ook al die manne by die Royal Hotel
Geelperskereën, Spies en Plessis
Van Mitchells Plain tot die Krugerwildtuin
Maar jy ken nie vir die man nie
![]() |



