"Vanaand" deur Lean Meyburgh

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek sit hier vnaand en ek wonder, wie is jy sonder gister?
Kyk, wonder en sien, is my more miskien?
Sonder ‘n pad en rigting is ek, ‘n leë stigting en ek,
Kyk, wonder en sien, wat gaan more bedien?

En ek weet ek kan nie, als rondom my beheer nie.
En ek glo net in vanaand …

Vanaand weet ek, ek is nie wat jy my maak nie, Vanaand glo ek in myself.
Vanaand fluister, ‘n engel in my oor, … kan jy my hoor?
Jy’s ‘n wenner, en jy’s die kenner van jou hart.
Vergeet van gister en hou jou oë op die pad.

Ek staan nou hier voor ‘n lenteblom en, als is groen hier rondom my,
styf vashou gevoel, net vir my bedoel ja.
Ek wens net ek kan die storie beskryf, ‘n sprokie rondom my lyf,
styf vashou gevoel, ‘n reguit pad na my doel.

En nou weet ek ek kan nie, als rondom my beheer nie,
En nou glo ek in vanaand …

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top