Van waar sal ons hulp vandaan kom

  • 2

Ek ontvang vandag 'n WhatsApp-boodskap van 'n aangetroude familielid wat land-uit gewyk het. Hy het ook uit Rhodesië padgegee. Die video is van 'n jong Australiër. Skat hom so in die twintigs. Hulle is besig met 'n veldtog om wit Suid-Afrikaners (boere) te ondersteun/by te staan.

 Ek sien ook dat 'n dame van AfriForum met mense in Europa vingers vleg en nou skielik is almal ewe skielik paraat en op hoogte van wat hier aangaan.

Ek sit toe en wonder waar was die mense of hulle ouers die afgelope 30/40 jaar. Was die wit Suid-Afrikaner (boer/Afrikaner) nie die opdrifsel/gespuis van die aardse bevolking nie? Ewe skielik is daar nou 'n besorgdheid of gewaarwording. Wat het verander? Besef die wêreld dalk hulle het 'n foutjie gemaak en op die verkeerde perd gewed?

Hier op eie bodem is die "aanslag" op die Afrikaner/boer al hoe feller en oop en bloot. Die grondeise/restitusie-vraagstuk kan baie maklik opgelos word, mits almal nugter en logies daarmee te werk gaan. Ongelukkig het dit in 'n politiekery ontaard.

Wees kalm, beheers, logies en nie emosioneel oor die uitdaging. Dit is gelukkig nie net vir kom vat nie. Ek glo nie die eisers het al met die werklikheid te doen gehad nie, wat hulle wel vinnig mee te doen sal kry.

Net die tyd sal leer.

Reusedwerg

  • 2

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Bergies en hul "blou trein"? Nee wat, hul sal niemand kan help nie! Hul vries stokstyf in winterkoue ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top