"Van ’n dogter aan haar pa" deur Jeanne-Marie Paul

  • 10

Van ’n dogter aan haar pa

Almal wil veilig voel
Almal soek ’n onbeskryflike liefde wat oor hul spoel
Dis die liefde wat net een man ooit kan gee
Net pa kon my veilig laat voel en my trane weg vee

Ek was ’n klein meisie, maar nou is ek ’n vrou
Maar ek sal die dogtertjie in my behou
wat omgee vir haar pa en net sy liefde vra

REFREIN:
’n Pa op aarde gestuur van ’n Pa van bo
My te lei tot die dag wat ek sê “I do”
Dankie vir bystand en als wat net ’n pa kan bied
maar nou moet die Here se wil geskied
Hier, daar waar ook al ek gaan
weet ek pa sal agter my staan

Van my eerste tree tot my eerste fiets trap
het pa my lewenspad saam gestap
My held, my pa, die wenner van my hart
moet my vertrou om in my eie lewe te volhard

Die baklei, die seer, is al lankal vergeef
maar nooit sal ek ’n oomblik saam my pa vergeet

REFREIN

Te danke aan pa kan ek my drome uitleef
deur swaar tye het pa se geloof ons gesin saamgeweef
Ons tyd saam hardloop uit, maar die herhinneringe sal voortbestaan
Mag my man ’n pa wees soos pa wat waardes verstaan

REFREIN

  • 10

Kommentaar

  • Mariné Botha

    My vader is 6-9-2016 oorlede en dis asof ek hierdie lied kon sing ... dankie vir die praglied.

  • My Pa is 58 jaar dood maar hy sou vandag 7 September 2017 eenhonderd jaar oud gewees het. Ek het hom so nodig gehad in my lewe maar moes die mas sonder hom opkom. Wat sê ek vandag vir hom?

  • Hi almal.
    Vandag kry ek eers Al die pragtige kommentaar en aanmoediging!
    Ek sal werk aan die musiek en dit moontlik probeer post. Kan nie glo dit is al vier jaar later nie. Vandag is ek al getroud en swanger met die eerste een. Ek sal beslis moeite doen. Dankie vir die reaksie, ek waardeer dit onbeskryflik baie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top