Van die daktoppe af Kobus de Klerk!

  • 0

Uit my hart, lewer, niere en pankreas Kobus de Klerk

Nog jaar vol intellektualisme is verby. Ware spirituele insig leer dat godsdiens nog nooit, en sal nooit, aan studie of slim logika begryp kan word nie. Geloof is ewe veel genade aan ’n ieder, slim of dom, uit die hand van GOD.

In Hindoe is "vergewe" ’n meerderwaardige handeling deur die een wat dit bied en neerhalend aan die een wat dit ontvang. Jy het jou pyn bewys Kobus. Daarom deel ek met jou ’n Hindoe-werklikheid; om jou medemens lief te hê ten spyte van sovele redes om te haat. Werklike grootsheid is standvastigheid ondanks die aanslag; omdat ons almal mense is en mekaar met net ’n bietjie empatie kan verstaan ...

Kyk, in Sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by Sy engele ontdek Hy dwaling. Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos ’n mot. (Job 4:18 en 19) ... God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie. (uit Handelinge 10:28)

Dis ons Christusfees Kobus.

Oral klink dit: Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors (Jes 9:5). En as julle Hom as Vader aanroep ... omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, ... (Uit 1Pet 1:13-25)

Jesus Christus ons GOD sou om vele redes nie tydens Sy omwandeling as mens verkondig het Hy is ons Hemelse Vader nie. In Joodse en Moslem lering is die Messias / HaShem / Allah, onsterflik. Hul toets is om Hom te probeer dood. Weer stel die hoëpriester Hom die vraag en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die geseënde God? En Jesus sê: Ek is. (Markus 14:61) Die Fariseërs het geweet ... die onvergeeflike sonde ... En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder ... (Matt 27:51). Tot vandag is daar geen Tempel ...

Maar steeds het Sy dissipels nie geweet nie. En toe die dag van die Pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ’n geluid soos van ’n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees ... (Uit Handelinge 2)

Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. (Mattheüs 11:27) ... en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. (1 Korinthe 12:3)

Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die Blink Môrester. (Uit Openbaringe 22)

Mag Jesus Christus ons Whiskey, ons Water van die Lewe, self die dors in ons Harte les.

Geseënde Kersfees aan jou en jou geliefdes Kobus.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top