van binnebuite

  • 0

(askies antjie krog)

 
die smeuling wat (vers)kole was
ontvlam toe gisternag
dalk aangehits deur brandewyn
en praatjies van dié dag
 
nou brand daar wel ’n vuurtjie
waar net ’n rokie was
die vlamme lek so angstig aan
die deure van my hart se kas
 
onseker vra ek oggend weer
(nog natgesweet en ongeskeer)
of wie ook al dié lus moet blus
 
jy kyk na my, my kole kraak
die hitte van jou oë maak
my seng en skreeu van lis en bliss
 
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top