van alle aantreklikheid g’stroop

  • 0

tyd’t aang’breek, virrie Afro-Afrikaansch’ g’meente,
broeders, schwesters, nag’slag, almal wie Taal ken,
haar b’ken, haar lyf v’rken, selfs yt ontkennershoek,
luid ontken, l’t sy g’roep, g’biza, word: “Boer se tong”

formeel, offisieel, ampt’lik, mettie landswapenwatermerk,
staatstjap, op “isiBhulu”, “seBhuru”, Soweto ’76-medium,
taal van Vryburger, Vrymesselaar, Broederbond, ASB, BSB,
taal van apartheidsmoord’naar, Self-verkorrupteerder, eish

o God, U Kan, Allah, Mens weder mede-Menslik maak,
Homo Sapiens Sapiens Wegraap, ytie Self-destruksie,
neo-illusie, onsekerheid, re umZabalazo, kennisstryd,
soebat Mens steeds, steeds so hoopvol’p Goede Hoop

sou superioriteitsmentaliteitsbewuste wis: Taal, iets Heiligs,
vra nie “ras”-v’rband, Nazi-etiket; net “Moeder”, al wat Sy Is

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top