"Van 8 tot 5" deur Carli Lessing

  • 0

Van 8 tot 5

Neonligte skyn op grys beton
Betongrys mure hou uit die son
Dis ’n cubicle-wêreld waarheen mense kom
Om heeldag in meetings te sit en brom

As jy bo wil uitkom moet jy vinnig klim
Daar’s ’n skare om jou wat moet dink jy’s slim
Jy moet gholf kan speel en ook by Virgin gym
En saam kan skinder by die waterpunt

Koor
Hierdie is my lewe van 8 tot 5
Ek’s vasgevang in sewe skakerings grys
Wanneer begin ons geld maak?
Wanneer word ons ryk?
Gaan elke dag vir altyd so dieselfde lyk?
Van 8 tot 5
Daar’s ’n massa-uittog in die Desemberweer
Asof almal saam hulle parool kon reël
En die hele Jo’burg loop op een slag leeg
Om in Hermanus se strate te gaan sit in verkeer

Maar dis dieselfde storie as die jaar begin
Met dieselfde mense wat hul wysheid bring
Oor projekte wat nou al van laasjaar kom
En hul dreigende deadlines op die horison

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top