Vals nuus is tasbare werklikheid in SA en res van die wêreld. Die missiel-aanval op Siriese lugmagbasis was gebaseer op vals mediaberigte. Daar is tot op datum net geposeerde foto’s van White Helmets, wat sonder beskermde klere met sogenaamde Sarin-gasslagoffers werk. Net vroue en kinders wat alleen by huise geslaap het, was slagoffers wat gesterf het.
Uit my geskrif sover, al klaar probleme uitgewys nl net foto’s van sosiale media gestuur aan hoofstroommedia (hoorsê), geen beskermde klere en net vroue en kinders wat gesterf het? Dit klink soos 2013 herhaal ... 'n Sweedse mediahuis glo dat hul dood is agv oordosis verkeerde dwelms.
My postulasie, sg hulporganisasies se pakhuis vir insekdoders was getref en brand het gifgasse versprei, daarom dat sg dokters en Wit Helms slagoffers kon hanteer sonder beskermde toerusting vir Sarin-gasaanval.
Ons het nie Vals Nuus daagliks nodig van media-groepe nie. As ek vir myself afleidings kan maak, kan redakteurs nie ook vrae stel nie? Daarom koop ek nie meer koerante nie en is by internasionale media ingeteken, wat nuus vanaf tonele gee.
Hans Richardt


Kommentaar
Vals nuus, gedokterde nuus, is aan die orde van die dag. Wat net so erg is is verswygde nuus, ook endemies hier.
Die ware situasie in Sirië, is dat daar huursoldate uit meer as 86 lande in sg "opposisie" is. Dis lank nie meer burgeroorlog nie, maar slagveld van volgende wêreldoorlog.
Hoe raak gebeure in Sirië SA? Wel, van die sg Siriese rebelle het opleidingskampe in SA. Dit het direkte invloed op gradering van SA. Verder het bv Vrydag se aborsie van 59 missiele, waarvan net 23 teiken getref het, die olieprys laat styg het. Hoër brandstofprys beteken groter inflasie wat aanleiding gee tot werkverlies in SA en meer sosio-politiese onstabiliteit in SA.
Ek voel jammer vir Zuma wat blaam dra vir geo-politieke gebeure buite sy beheer. Al wat die optogte doen, is om indruk van verdere onstabiliteit in SA in buitelandse media te skep. As hoorsê van sosiale media militêre gevolge het, gaan sg impotente SA opposisie se sosiale verset net ons situasie vererger.
Soms moet jy veg en soms geduldig wees. Nou is tyd om SA media-hype te ignoreer en geduldig te wees.