"Valentyn" deur Gerad Franzsen

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek sal jou vriend wees sonder klagtes
Maar diep in my gedagtes
Sien ek ons twee saam ...
Dit is 'n brokkie van my hart
Wat ek net eenkant vir jou hou
En asseblief onthou my ...
Jy kan in my skaduwee skuil
Ek sal jou vashou as jy huil
Al die stukkies van jou optel ...
Ek sal jou stukkie-stukkie regmaak
Al jou hartseer sal ek wegmaak
Maar asseblief onthou my ...

Dat ek jou valentyn wil wees
Maar ek het net 'n bietjie vrees
Ek kan jou nie vra nie
Ek's te skaam
So nou sing ek dit vir jou!
Asseblief onthou my
Dat jy is net jy
En ek hoef nie vir jou skaam te wees nie.

Ek sal jou vriend wees tot die einde
Maar lees tussen die lyne
Ek sien ons twee saam ...
Jou glimlag maak my hart so sag
Jy's pragtig - mooier by die dag
So asseblief onthou my ...
Ek sal jou hart 'n drukkie gee
As jy voel jy kan nie meer
Al die stukkies van jou optel ...
Ek sal jou stukkie-stukkie regmaak
Al jou hartseer sal ek wegmaak
Maar asseblief onthou my ...

Dat ek jou valentyn wil wees
Maar ek het net 'n bietjie vrees
Ek kan jou nie vra nie
Ek's te skaam
So nou sing ek dit vir jou!
Asseblief onthou my
Dat jy is net jy
En ek hoef
Nie
Vir
Jou
Skaam
Te wees
Nie
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top