Vaarwel, biskop

  • 0

Vaarwel

Vrydagmiddag 30 Desember 2011 – ‘n oproep aan biskop John Ulster van die Morawiese Kerk. Ofskoon uitgetree is hy nog bedrywig in die kerk en gemeenskap. Hy was ons predikant in Elim. Die telefoon-oproep gaan oor my beplande besoek die volgende week in Elim. En, hy probeer my oorreed om oor te slaap op die sendingstasie.

Vrydagaand 13 Januarie 2012 – oproep – die biskop is dood.

Hy was net een van daardie mense wat uitgestaan het. Tog was hy stil oor wat hy behaal het. Die biskop was ‘n tydgenoot van dr Beyers Naude. Desmond Tutu. Dawid Bosch. Ek het die twee laas saam gesien by die SA Raad van Kerke se jaarlikse konferensie in Bosmont, Johannesburg in 1985.

Weens sy betrokkenheid by die Raad van Kerke was dit vanselfsprekend dat hy ‘n rol in die struggle gespeel het.

Dog, onthou ek hom vir sy boodskap – Broederliefde.

En hy het geleef wat ht gepreek het. Hy het uit sy pad gegaan. Vir baie, insluitend ons gesin.

Rus in vrede, biskop.
Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top