V vir Vendetta: Globale protes vandag

  • 4

Hello, 

Daar is seker baie lesers hier wat bekend is met die masker gebruik in V vir Vendetta en indien die TV dopgehou word 'n drastiese toename vir die gebruik daarvan sou gesien het in die protes van vandag. Is hierdie nou die ikoon van weerstand? 

Die verwysing deur 'n deelnemer hier dat Suid-Afrika beleef 16 proteste per dag was stof tot nadenke. Dit werk uit op naby aan 6 000 proteste per jaar. In die lig daarvan is dit vreemd dat daar nog nie 'n noodtoestand in die land afgekondig is nie. Hierdie is gebeure wat die nuusblaaie tot oorlopens toe sou vul en so ook die nuus op TV en radio maar tog word dit nie ervaar nie. 

Wat ook al die geldigheid van die stelling is oor ongeveer 6 000 proteste per jaar in Suid-Afrika is dit egter 'n onderwerp wat op globale skaal in die nuus is. In verlede week het die Wall Street Journal, Washington Post en Economist ontledings hieroor publiseer. Dit staan uit wanneer daar drie publikasies soos die dit in een week ondersoek. 

Daar word begin met Francis Fukuyama in die Wall Street Journal en die temas aangespreek in die opstel van Francis Fukuyama:

Die tema wat die skakel is tussen die onlangse gebeure in Turkye en Brasilië sowel as die 2011 Arabiese Lente en gedurige protes in China is die opkoms van 'n nuwe globale middelklas. 'n Opkomende moderne middelklas veroorsaak altyd politieke woelinge maar slaag selde daarin om blywende politieke verandering te bring en niks van die gebeure in die strate van Istanbul of Rio de Janeiro dui daarop dat hierdie opstande 'n uitsondering sal wees wees nie.

Die aspek van die protes in Turkye en Brasilië sowel as in Tunisië en Egipte voor hulle was die politieke protes nie onder leiding van die armes maar wel onder die jong mense met 'n hoër-as-gemiddelde vlakke van opvoeding en inkomste. Hulle is tegnologies aardig en gebruik sosiale media soos Facebook en Twitter om inligting te versprei en protes te organiseer. Hierdie optrede word toegeskryf aan die feit dat hierdie groep van die bevolking ag hulle self vervreemd van die regerende politieke bestel te wees.

In die geval van Turkye word daar opgestaan teen Eerste Minister Erdogan se outoritêre manier van doen. In Brasilië is die opstande teen die gevestigde en hoogs korrupte politieke elite van die land wat op groot skaal deel is van 'n uiterse korrupte stelsel en die mense op voetsoolvlak beskou word as 'n oneffektiewe regering.

Hierdie dui Francis Fukuyama is niks nuut nie en verwys na die Franse, Bolsjewistiese en Chinese revolusies wat almal gelei is deur ontevrede middelklas-individue, wat uitkring na boere, werkers en die armes. Die 1848 "Springtime van Peoples" het feitlik die hele Europese vasteland laat ontplof in rewolusie, 'n direkte produk van die Europese middelklas se groei oor die afgelope dekades.

Terwyl betogings, opstande en soms ook rewolusies gewoonlik gelei word deur die opkomende lede van die middelklas word daar selde daarin slaag om op hul eie  langtermyn- politieke verandering te bewerkstellig. Die rede daarvoor is omrede die middelklas gewoonlik 'n minderheid van die samelewing in ontwikkelende lande is en tensy daar 'n koalisie met ander dele van die samelewing gevorm kan word, slaag hierdie bewegings om blywende politieke verandering te bewerkstellig.

Francis Fukuyama sluit soos volg af en verwys na die werk van Moises Naím van die Carnegie Stigting en die argument wat verwoord as the "end of power". 

The middle classes have been on the front lines of opposition to abuses of power, whether by authoritarian or democratic regimes. The challenge for them is to turn their protest movements into durable political change, expressed in the form of new institutions and policies. The new middle class is not just a challenge for authoritarian regimes or new democracies. No established democracy should believe it can rest on its laurels, simply because it holds elections and has leaders who do well in opinion polls. The technologically empowered middle class will be highly demanding of their politicians across the board.

Die Washington Post in hul ontleding bied dit soos volg aan: 

Around the globe, this is the summer of middle-class discontent, particularly in the developing world. From Istanbul to Rio de Janeiro, from Bulgaria to Bosnia, the pent-up frustrations of an engaged citizenry are being triggered by a series of seemingly disparate events.

Inderdaad, kort op die hakke van die 'Arab Spring', Spanje se "indignados" en die VSA 'Occupy' beweging voer waarnemers  aan dat daar 'n nuwe klas van protes ontstaan het onder die globale bevolking en is hierdie 'n aanspraak vir deelnemende regering, sowel as sosiale en ekonomiese vryheid.

Hierdie is 'n groep van mense wat beter opgevoed en meer verbind is deur middel van tegnologie en gaan dit oor die kwaliteit van lewe, oor toekomstige geleenthede en vryheid van uitdrukking. Hierdie bevestig dat onderdrukking word drasties teengestaan deur die burgery. 

Daar word afgesluit met die redaksionele kommentaar van die Economist en die toestand in Suid-Afrika. 

Die Economist dui aan dat die verskeidenheid van betogings het verskillende redes vir die oorsprong daarvan. In Brasilië betoog mense het teen busgeld en in Turkye teen 'n bouprojek terwyl Indonesiërs hoër brandstofpryse teenstaan. In die euro-sone word daar betoog teen 'austerity' en net soos Francis Fukuyama verwys die Economist ook na die historiese agtergrond, soos ervaar in 1848, 1968 en 1989. 

Die afgelope paar weke in die een land na die ander, het die betogers weerstand gebied teen korrupsie, onbevoegdheid en arrogansie van die politici wat in beheer is.

Rewolusie neem dus standpunt in en bied bogenoemde drie verwysings grootliks ooreenstemming. Hierdie bring dit dan na die toestand in Suid-Afrika. 

Die syfer van opstande wat ek kan onthou van voor die onlangse bewering van 6 000 per jaar is die syfer waarmee Municipal IQ vorendag gekom het. Municipal IQ se syfers het 410 proteste aangedui in die tydperk Januarie 2009 tot Augustus 2012. 'n Eenvoudige som bring dit op 100 proteste 'n jaar wat neerkom op een elke derde dag. 

Die Universiteit van die Wes-Kaap arriveer by 'n syfer van 720 proteste oor dieselfde tydperk, wat neerkom op 'n protes elke twee dag. 

Dit is 'n ruim verskil van 15 proteste per dag soos oor die radio gehoor wat beweer was.

Maar Nuus24 kom met 'n totaal ander syfer vorendag, naamlik 3 258 proteste oor die ooreenstemmende tydperk. 

Die periode werk uit op ongeveer 1 200 dae wat in konteks tot bogenoemde syfer op 2,5 insidente 'n dag uitwerk. 

Die slotsom wat hierdie statistiek en die gebeure op globale skaal egter bevestig is dat mense neem hulle twis met die regering na die straat en is dit gebeure wat belangstelling gevolg kan word en gepoog word om dit te verstaan. 

Baie dankie

Wouter

  • 4

Kommentaar

  • Wouter

    Ek glo nie die protesaksies hier in SA kan met die van die lande deur jou genoem,  vergelyk word nie. 

    In genoemde lande is dit of die vervanging van regering, of om druk op die regering uit te oefen met die doel  om sekere wysigings teweeg te bring, die mikpunt.  Tereg gese, speel die sosiale media 'n hoofrol in die opsweeping van sodanige protesaksies.

    Behalwe vir die diensleweringsprotesaksies, en plaaslike protes teen inlywing van 'n munisipaliteit in 'n ongewenste gebied teen die regering gemik,  is die oorgrote meerderheid protesaksies die openbare uitvloeisels van stakings teen werkgewers gemik, en nie deur engie  sosiale media, maar deur vakunies aangehits, met die daaropvolgende verlies in man-ure gewerk en produktiwiteit vir die land.

    In jou genoemde lande, sodra aan die wense van die protesteerders voldoen is, eindig verdere protesaksie.

    In SA het dit 'n jaarlikse kultus geword waardeur vakunies hulle voortslepende mag aan die samelewing wil tentoonstel.

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

     
    Ek weet nie, alhoewel ek tog onder die persone wat nie werkers is wat staak, 'n ooreenstemming hier ter plaatse met die redes vir die globale proteste en hier ook ontevrede is vind, met die korrupsie, onbevoegdheid en arrogansie van die politici wat in beheer is. 
     
    Ek en jy is in ooreenstemming glo ek vanaf vorige gesprekke gehad oor verwante onderwerpe dat die arbeidsmark hier die kluts kwyt geraak het en 'n baie negatiewe invloed het op persepsies aangaande Suid-Afrika het en het jou brief oor die krimpende rand daardie gevolge beskryf. 
     
    Alhoewel daar nie gepoog was om 'n direkte verband tussen Suid-Afrika en die buiteland te skep met bogenoemde brief, het dit by my die vraag laat opkom, gegewe Malema se EFF wat nou die rondte begin doen, hoe sal die res van die bevolking wat nog swaar trek optree wanneer aansporing werk onder hulle gedoen sou word. 
     
    Dit kan ek nie voorspel nie maar het ek resprek vir die ontevredenheid wat deur mense ervaar kan word en die gevolge wat dit vir die samelewing het. 
     
    Wat dink jy verder? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter  
  • Wouter

    Hier in SA ondersteun die meerderheid die ANC-regering.  Ontevredenheid is nie ten doel om die regering te wil omvergooi nie.  Daadwerklike protesaksies teen die regering gemik is “far and few between”. Die meerderheid protesaksies word deur die vakunies, hoofsaaklik  Cosatu gereël, meerendeels vir hoër lone; vakunie “posturing”; maar in sekere uitsonderlike gevalle vir burgerregte belange soos bv die Gauteng Tolpaaie geval. (Eintlik ten doel om hul taxi-lede se fiansiële belange te beskerm).

    Dan het ons gevalle waar ‘n politieke party protesaksies aanvuur suiwer vir partybelange soos bv die Heksriviervallei-geval, die kakhuis/poe, die Houtbaai-plakkerskamp, ens  protesaksies deur die plaaslike ANC-party geïnisieer (Dennis Dexter), om ontevredenheid met die Weskaa-pregering aan te blaas om sodoende, hopelik, die mag met die volgende verkiesing van die regerende DA oor te neem.

    Die vakunies, veral Cosatu, tree suiwer op in belang van hulle ingeskrewe lede.  Non-lede soos die armstes onder die armes, met werklike ekonomies/sosiale problem, stel die vakunies hoegenaamd nie in belang nie. Hierdie sektor van die samelewing is geensins georganiseer om enige daadwerklike protesaksies te kan inisieer nie om openbare aandag aan hulle lot te gee nie, en niemand blyk bereid te wees om dit namens hulle te wil doen nie.

    Onder die apartheidsbedeling was protesaksies in SA teen die regering  soortgelyk met dit wat ons vandag in lande soos Egipte en Turkye sien, nl protes teen die misbruik van mag deur die staat tot nadeel van sy bevolking.

    In teenstelling, word protesaksies deur georganiseerde arbeid en politieke partye hier in SA misbruik suiwer vir eie gewin.  Onder die armstes van die armes waar protesaksie geregverdig sou wees, vind dit geensins plaas nie.  

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

     
    Baie dankie vir jou sinvolle kommentaar en aanbieding van die motiverings vir van die aksies wat  hier plaasvind  en is dit korrek om dit te bevestig vir die euwel wat dit is en die verskynsel van eiebelang wat so sterk staan.  
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top