"Uurglas" deur Gert de Jager

  • 0

Uurglas

Die kom en gaan van tyd
kan jou soms in die stof laat byt
Vat ‘n datum so na aan tyd
sou 21 Desember 2012 jou kon verwyt?
Dis verby, maar die einde lê nog voor
tyd was dus ongestoor

Draai die uurglas om en om
so stap die tyd aan en aan
Alles en almal moet maar saamgaan
Daar waar die uurglas loop
bring sandkorrels weer nuwe hoop

Draai die uurglas om en om
so kan die toekoms vinniger kom
Draai die uurglas weer om en om
so kan die toekoms nog vinniger kom

Die lewensspel gaan steeds voort
dis hoe dit hier op aarde hoort
Nou lê die toekoms steeds voor
op 1 Januarie begin alles weer oor
Draai die uurglas om en om
totdat die toekoms kom

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top