"Uurglas" deur Andre Visser

  • 0

Uurglas

Kom, kom nou na my
Hier in my arms kan jy kom bly
Kom rus jou kop teen my skouer
Want ons al twee raak ouer
en die houer van lewe loop leeg

Vermoeid knou
jou besittings aan jou
En wanhoop is jou prys

Kom vou jou hand hier om myne
Kom kyk na die woestyn en sy duine
Om ons is dit leeg, maar binne ons is dit vol
Dit vloei deur ons are
Ons het net soveel jare
om die beste daarvan te maak voor dit stol

Vermoeid knou
aardse dinge aan jou
En wanhoop is jou prys

Onbewus van ons tyd vermors ons dit uit
op wêreldse dinge en spyt
Kom rus nou so bietjie
Kom sit hier by my
Want voor ons dit weet
is ons tyd dalk verby

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top