USAN 2014: Kongres vir jong navorsers

  • 0

Die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, bied vanaf 21 – 23 Januarie 2014 die USAN 2014: Kongres vir jong navorsers vir nagraadse studente en jong navorsers aan.

Jong akademici (nagraadse studente (M-, PhD- en afgestudeerde Honneursstudente) en jong navorsers (wat die afgelope vyf jaar gegradueer het) in die volgende studiegebiede word uitgenooi om hulle voorleggings aanlyn in te dien: Letterkunde; Taalkunde; Toegepaste Taalkunde (Vertaling, Tolking, Redigering, Leksikografie, Taalverwerwing, Dokumentanalise en -ontwerp). 

Die doel van die kongres is om vir jong navorsers ’n basis te skep om hulle navorsing, wat gebaseer is op hulle nagraadse studie, met akademiese eweknieë te deel.

Abstrakte moet tussen 200 en 300 woorde lank wees. ’n Referaat sal 30 minute (20 minute vir aanbieding, met 10 minute vir bespreking) duur.

Die sluitingsdatum vir die indien van abstrakte is 30 September 2013.

Vroeë registrasie (teen R750) eindig op die 20ste November 2013 en gewone registrasie (teen R950) op die 15de Desember 2013.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top