Untitled
Is ek alleen?
Hoekom is ek al een wat die trop olifante hoor
as die miere begin werk?
Hoor jy dit nie?
Luister net na die donderende slag
van die skoenlappersvlerke
Help my asseblief
My ore is te klein
My siel te fyn
vir die verblindende maan
en die onheil wat ek hoor
in die stilte van die nag
Maar jy luister nie
Voel jy nie
hoe die blosende angelier
dit wat in my is
vernietig nie?
Hoe die té blou gety
die lewe uit my uitwas
Eensaam sal ek altyd bly
Want niemand luister nie
Niemand sien nie
Niemand voel nie
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


