Universiteitskorekompetisie

  • 0

Gisteraand geluister na ’n koorkompetisie tussen Maties, UWK en Ikeys.  Maties het gewen maar vir my het UWK het by verre die mooiste gesing.  Daardie klomp vrouestemme was iets besonders.

Nou ja, ek sê ‘vir my’ maar ek is ’n leek; ek weet nie watter kriteria alles geld as kore beoordeel word nie maar definitief moet mooi sang die hoofkriterium wees, of hoe?  Twee van die beoordelaars het gekla oor die gebrek aan ‘los wees’ wat UWK en Ikeys betref maar allerhande danspassies en goed het mos nou geen invloed as jy na ’n opname in jou kar of sitkamer luister nie.

Ek hoop UWK se koor maak ’n plaat of twee; ek sal graag weer na hulle wil luister.

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top