unbelievably true

  • 0

so ‘n struktuurgeweldskrisis, Millennium Drie s’n,
‘t Mens nog nooit tevoor, so een, al hier ervaar,
heelal, univers, met so min hulpbronne toegerus,
tot beskikking, beskikbaarstelling, van Skikking,
tussen Mens en Ultra-Super-Opper-Almagtigheid,
sal’t Mens wat glo, laat beef, uit alle nederigheid,
Mens, wat nog wil weet van, leer oor, Lewe Twee,
saam’t mede-Mens, Naaste, in Geregtigheid, Vree,
wat anners sal Mens wil hê, moet Vader ma’ gee,
meeste “Duiwelspiek-dissipels” soekie sulk’ Jenaïsties,
Waarheid, Vrede en Geregtigheid, reg in hul midde

los “Hotnotsholland”, “Duiwelspiek”, “anti-Skepping”,
‘s onbeantwoord, onnodig, onverantwoordbaarheid,
hierie einste gevoelentheid, diep innie intlifizeyo in,
daar waar gevoel vir mekaar, Mens-‘n-Mens, gemaak,
gefabriseer, vervaardig, aammeketaargeslaat, Mens,
volledig Mens, Waardig, glattie so onaardig, stam,
ytie Khoesan, ytie Qwaqwa, ytie kliekwêrgeld uit,
toe Mens en Naaste iets vir mekaar omgegee’t

lat elk inkelt “Boesman”, “Boesvrou”, “Boeskind”,
nimmer ooit weer vergeet, hulle’s “Eerste Mens”,
sout vannie Aarde, lewegewend Water, Oseaan,
lat selfs laaste Mens, op deesk’ Aard’, sal verstaan,
waaroor “ras” se rassisme, “klas” se klassisme gaan,
hoekom jag Mens mag, via oorlogstruktuurgeweld,
struktuurgeweldsoorloë, via moord, vernietiging,
van mooiste skoonheid, van res van mede-Mens,
als tot medemenslikheid, Paradyslikheid, bestem,
soos in ubuntu van umNtu, ngumNtu se gevoel,
vir mede-Mens, vir Naaste, mede-Aardbewoner,
patriotisme-praktiseerder, Een God-kanoniseerder,
Kaap van Storms nou vol vannie Goede Hoop

lattit, ondanks allie klagtes, nog eintlik goed,
ondanks g’n verwysing na Stellenberg-bewind,
na uitwis, uitjag, via Goewerneur na Goewerneur,
Goewerment na Goewerment, van Eerste Mens,
van “oran utan”, “Boschjesman”, “half-Dier”, gaat

so waa’ presies passie Stormers, borg-‘n-al,
innie prentjie, vannaai aaklig volksmoord,
g’n genade, ultra-Geweteloos-gewetenloos,
versus aborigeen, inboorling, mede-Mens,
veral met verloop van tyd, post-apartheid

al is “ras” en “klas”, “Kaffer”, “Hotnot”, “Boesie”,
“amaKwerekwere”, “amaLawu”, “isiBhulu, van Boer”,
hoerdery met konnotasies, verwysings, pejoratief,
als uit een wurmblik, vol stereotipes, pseudo-komies,
kwasi-ironies-geneties-manipulasie, breinspoeling,
lat superioriteitsindroom iets meer asse droom,
lat net sekeres veel magtiger, of mooier, ryker,
illusies en mites waarop stereotipering berus,
Mens en mede-Mens geneties nie Familie is

sal Mens ma’ weer moet uitkom byrie Waarheid,
byrie poorte van Vallei, van regte Geregtigheid, 
Mens weer Spiritueel ge-GPS, Groter Geheel Sien,
sien wie wat, op grond van Toets vir Lewe Twee,
gat slaag, misluk, volgens eise van Tyd gat skik,
meerderheid innie duisternis van onkundigheid,
vasgevang innie tronk van onkund’-ontkenning

eintlik half ‘n ultra-super-onaardigheid, eish,
lat Mens in Lewe Een, so verlang, na Paradys,
na Jena se Volmaaktheid, Liefde, vir Naaste,
en wederkerig, wedersyds, oppie wenpad,
na Plek waar net Wenners moet aanmeld,
diegene wat nou al dink aan Lewe Twee,
veral nou, m’t dissipline wat so meegee,
allie struktuurgeweld, Self-destruksie,
onkundigheid oor onkund’-ontkenning,
ontkenning van ontkenningskundigheid,
soos WVK-getuies, bang virrie Waarheid

Mens, nogal alte aardig, onmenswaardig,
nie-Mens, Gewete-loos, gewetenloos,
onmenslik, anti-Menslik, wreed,
net oor mag se sekuriteit, gevoel,
van veiligheid, veral in Miljennum,
Drie, gewisse Tyd, van onsekerheid,
korruptiverend corruptio, korruptiwiteit,
vervrotting vannie been af, rot en kaal,
Mens Naaste besteel, bedrieg, belieg

mos klaar tot “ondier” verklaar,
heeljaar jagseisoen, “wilde” se oor,
of neus as aanduiding van sukses,
van jagtog, ekspedisie, berg op,
o moenie hylie, o moenie trerie,
eerste inkommer-rekkie’s oppie Braak,
in uitwissing van Eerste Mens opgelei,
hoe om plaag yt Vryburger-pad te kry,
Stellenbosse boys het bobbeaap gejag,
virrie vale VOC se kruit oor vlak lat fluit,
solankie laaste skoot nette doodskoot,
gewis, afrekening van “terroris” is, eish

so ironies, lat Platfontein vir spoorsnyers, askari’s,
as wegkruipplek teen SWAPO, A en B, moes dien,
lat Nujoma nie somme “Boesman” (“-land”) verban’t,
tot vae herinnering, ieweste inne apartheidsmuseum,
van Eerste Mens se propvol-volskaals uitwissing,
vernietiging van weerstand, versus apartheid,
versus ophaal en bywerk, van superioriteit,
asof’t kwansuis, altyd-‘n-oral, kan werk,
as vertrekspunt, waaruit Mens wil vertrek,
met ‘n steier, yt outydse ou-skool kas,
yt stereotipering se ultra-tipies “ras”,
asof’t al ooit geloofbaar gedefinieer,
presies, woord’liks, al vasgevang was,
soos Mens se Self-destruksie-projek,
Eiendoms Beperk, proppers privaat,
lieg een meer assie anner, by verstek,
kwansuis “gelowiges”, vannie Woord,
kanti, gat m’t demoon se wil akkoord

volgens Wet op Onkunde-Ontkenning,
Numero Uno, hartseer, verdriet en pyn,
ultra-armoedigheid wattie wil verdwyn,
nie gelank oorlogsugtige, dienspligtige,
plig vir hoof(ver)leier, sjatan, verrig,
doller as kopaf amoklik, neo-Mens,
verkieslik niemand wat innie pad staan,
Mens uit Millennium Drie Krisis wil kry

Gelyke, Aardbewoner, Uniek, na Beeld,
van Skepper, uiters Sensitief ge-Skep,
op ‘n haar na, Lieflik, Menslik,
in g’n opsig anners as Naaste,
mede-Mens, voortwoekerend,
Mens kan voortwoeker, werk,
vir Geregtigheid se Kerk, ja,
waar Waarheid ondersoek,
nagevors, geanaliseer,
tot in Wese, Essensie,
ervaar, beleef, word,
mos niks merrit skort,
Geskiedenis se storie,
stuk vir stuk te sien

alle Eer, Prys en Lof in regte Rigting gerig,
Visie van Jena, Utopia, Paradys, watte Gesig,
in Teenwoordigheid van Vader, Heiligheid,
Wragtig, Almagtig, al Sy Almagtigheid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top