ultrasuperrassisties

  • 0

iets drasties skort, kom t’kort, “Afrikaner”, kapitalis,
as u nog steeds, nou, meer as ooit, so hardvogtelik,
ultra-ongenaakbaar, onverklaarbaar ongevoelig,
rassisties, kultureel vannie spoor af, onrespekvol,
ongeleerd, onbeskof, supersuperioriteitsbewus,
pseudo-gelowig, al u pitte, vir u oudag, aftrede,
eie veiligheid, sekuriteit, êrens op ‘n mooi eiland,
laat stoor, belastingvry, slaggereed vir uitbreek,
aanbreek van Oorlog Drie, vorige Twee vergeet,
asof daar nie genoeg oorloë op dees Aard woed

Mens van vooraf sal moet leer veg, baklei,
sonner petrol, sonner olie, water net genoeg,
inshAllah, dan minder selfmoordmoordenaars,
bomdraers, ter wille van een of ander ideologie,
vreemd genoeg’s meeste Mens vir Self baie lief

o Allah, Baas, Klaas en Spaas’t noggie genoeg herstel,
noggie uit Duiwelspiek-heerser se struktuurgeweldshel,
magsverleiding, oorheersing, makmaking, indoktrinasie,
iets drasties, spasties, ontbreek, pseudo-proto-pedanties

waarlik waar, “Afrikaner”, PTS-sindroom, geweld,
tronke t’oorlopens toe vol, samelewing nodig u hulp,
moenie eens probeer versus prikkels t’karate, o nee,
u verlede tel geweldig swaar versus u, lief “Afrikaner”,
u hoef nie wapenloos oor te gee, kanti, skrik, sal u,
wakkerskrik, dis Millennium Drie, Krisis, ja, onopgelos,
nageslagswil kan u mos nie net uwe alie daaraan afvee,
voorgee asof deeske probleem dinkwêreldlik nie bestaan,
só verregaand’ stiksienig wil niemand mos waaragtig wees,
vergeet vannie vrees, leef stoutmoedig, êrens is daar Hoop

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top