ultra-super (vir Dan Roodt)

  • 0

koei innie sloot is toe regtig dood,
kalf innie put hettie slagpaal misgesit,
elke hond kry sy dag, kat kom toe weer,
kyk, Broer Ran, wat’t met superioriteit,
meerderwaardigheid, stereotipering,
met onkunde-ontkenningskunde gebeur,
eish, eina, awu, ayi-yai-yai, jittetjie, ja,
na berigte was Paradys toe allie tyd,
hier, iewers in Moeder Kontinent,
onner meerderheid bekint as “Afrika”

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top