ultra-intensief

  • 0

binne Groter Geheel, Millennium Drie Mens,
binne Heelal, Univers, Skepping, Paradys,
laat gewetenloos Self-destruksie Skepper,
Maker, van Hemel en Aarde, se Hare rys

sommer duiselingwekkend-duidelik, Sy Woord,
Verklaring, déjà vu, veeltalig geskryf, verbaliseer,
als wat m’t Mens, mede-Mens, nageslag, gebeur,
hoekom struikel Mens dan nog elke liewe keer,
as God Sy Pleidooi, Kragdadig, aan Mens Lewer:

“Kry Tyd, maak Tyd, dis Tyd,
Millennium Drie, Oorlewingstryd,
Gewete-herwinning, ultra-intensief,
vir diegene wie wys is, van Effek,
van Kreateur se Kreatiwiteit”

soos ná ’n harde knal, Eerste Mens na vore tree,
nes nu, eerste tree, volwaardig, Mens-Waardig,
Homo Sapiens Sapiens nie meer ’n “bobbe-aap”,
“oran utan”, of een of ander koloniaal pejoratief,
verkleinering, kil ontmensliking, verdierliking,
van kolonialis, slawedrywer, apartheidsbaas,
doeltreffend, ja, effektief, innie kiem gesmoor,
geleentheid vir gehoorgee, aan Sy Pleidooi hierbo,
veral vir dié wat ithuba strategies-betyds wil vat,
goeie idee oor eise vir Oorlewing in Lewe Twee

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top