Mens, al byna gewoon daaraan, mede-Mens weg t’wys,
terwyl vlak van medemenslikheid tot laagtepunt daal,
net Mens, Mens Self, vir retro-deteriorasie, t’blameer,
so m’t Self-destruksie t’koop t’loop, so vrypostig t’spog
alle misdade, wreedhede, opgeteken, sosio-histories g’lys,
struktuurgeweld oppe alles oortreffend, fenomenale skaal,
waardigheid, Respek, Gewete-loos, totte ‘iets’ gereduseer,
wapens altyd g’noeg, vir dié wie hulle wil wend tot oorlog
Lewe Een in meer as een opsig, op sigself togge Stryd,
moet Mens “Duiwelspiek”-dissipelskleed soos toga dra,
vreemd, Mens se Self-vervreemding, lendawo, Afrika
bly’t moeilik, onkund’-ontkenning, as lewensfilosofie t’verstaan,
hoe Mens Mens Self trou weerhou, vér, van Ultra-Geregtigheid,
Self wegdraai, vannie Lig af, van Allah se Aller-Omni-Waarheid
Jacobus Faasen

