UKZN Kinderboekfees, 27–28 FEBRUARIE 2013

  • 0

 

Jou skool word vriendelik uitgenooi na die Universiteit van KwaZulu-Natal se Kinderboekfees wat, in samewerking met die ATKV en LAPA-uitgewers, op 27 en 28 Februarie op die Pietermaritzburg-kampus gaan plaasvind.

Hierdie fees is tans die enigste van sy soort in Suid-Afrika. Die fokus van die fees is op beide primêre en sekondêre leerders, sowel as Afrikaans-onderwysers.

Die volgende bekende skrywers sal as sprekers by die fees optree: Jan van Tonder (Roepman), Francois Bloemhof, Marita van der Vyver, Nico Moolman, Carina Diedericks-Hugo.

Verrigtinge op 27 Februarie sal in twee sessies verdeel word. Die eerste sessie (9:00–11:00) sal op die grondslagfase gerig word en die middagsessie (12:00–14:30) op die intermediêre fase.

Op 28 Februarie verskuif die klem na hoërskoolleerlinge. Die sessies sal van 9:00 tot 14:30 plaasvind.

Daar sal ook boekuitstallings wees, wat u dan ’n gulde geleentheid sal bied om die Afrikaanse boeke vir u biblioteke aan te vul. Leerders sal ook die geleentheid hê om die gewildste Afrikaanse boeke te koop.

Indien jy belangstel om hierdie fees by te woon en meer besonderhede oor die program wil hê, kontak asseblief Darryl David (davidd@ukzn.ac.za), Eugene Marais (maraise@ukzn.ac.za) of Loraine Prinsloo (prinslool@ukzn.ac.za) teen 20 Februarie 2013.

Vriendelike groete

Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van KwaZulu-Natal

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top