Na al die baie en oorvloedige reën is dit tog maar iets om oor dankbaar te wees.
Wanneer dit reën op Rietfontein
En deur die stof ’n straal van groen verskyn,
Wanneer die wolke, swart en swaar belaai
In voue oor die berge pak en swaai,
Dan sit oom Gysbert op die stoep alleen;
Hy asem sag die geur gemeng van stof en reën
En as jy net sy kalm gelaat bespeur,
Sou jy nooit dink iets wonderliks het gebeur –
Dat daar ’n jaar van knagend’ angs verdwyn.
Wanneer dit reën op Rietfontein. (1)
Uit: "Wanneer dit reën op Rietfontein", EN Marais
Hierdie is sy laaste gepubliseerde gedig.
(Hierdie uittreksel soos opgeneem in die Junior Verseboek – DJ Opperman)
Raed-na-Gael


Kommentaar
Raed-na-gael, dis al by angs verby.
Ek dink dis nou al by desperaat verby.
Die droogte in karoo is net te lank en aanhoudend. Meeste is nou net gelate op verlate dor vlaktes.
Teen 2040 gaan aanvraag 40% meer wees agv bevolkingsaanwas, as beskikbare bronne.
Dalk nog groter aanvraag...
Teen 2040 gaan die aanvraag vir water 40% meer wees as beskikbare bronne. Dis 'n skamele 20 jaar van nou af. Sê dit nie duidelik dat die aarde oorbevolk is nie?