Uitsig by my werk se voordeur

  • 0

Die berugte Daveyton-taxihalte! Ek maak geen verskonings vir voorval waarvan ek geen kennis dra, behalwe hoorsê, nie. Terselfdertyd wil ek net noem dat SA-media dikwels feite oordryf en dat die goedgelowige publiek dié wa ry tot die wiele afval.

Die afstand van deur na die taxihalte is minder as 30 meter. Maak dus eie gevolgtrekkings.

Wat my egter pla, is dat geen verslaggewer van bv Sabc of E-Tv in SAR uitgekamp het en voorstedelike legendes die wêreld ingestuur het nie, maar in stede op die helde-maak-wa gespring het. Dit ten spyte van bv Mail and Guardian-berig van 6 Januarie 2013 dat Sanw op 2 maande kontrak (?) na SAR in moeilike onstabiele politieke klimaat ontplooi, ten einde 'n diktator in mag te hou teen die wil van die meerderheid van die SAR se keuse en wil?

In die Daveyton-voorval het reg en geregtigheid die demokratiese verloop geneem! In die SAR-geval word verdagte voorval in 'nasionale belang' geheimhouding gewaad geklee? Selfs die sg opposisie pleit dom??

Daar was reeds 19 M23 rebelle opgesluit, wat na bewering in Limpopo opgelei was, hul is uit op borg??? Watse voorstedelike legendes gaan uitbroei oor 1000 soldate in DRK? Wat is binnelandse veiligheid implikasie vir SA, terwyl M23 rebelle in SA is?

Hans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top