
Foto: Canva
Uit ’n diepe sluimering
snags,
uit ’n diepe sluimering,
roep ek met die fakkel van my drome
na jou,
die sterre respondeer met die glim van maanlig,
maar jou stilte bly –
soos altyd –
ongetem;
dit is soggens
met die doodgerypte koor
van ’n kil ontwaking
in ’n nie-wetende werklikheid
wanneer ek
jou stem
uiteindelik
(weer)
hoor

