Uit die pen van my
Vers 1
Het jy die mooi maan gesien
Skyn so mooi op kwart voor tien
Wonder of jy sien wat ek nou sien
Het jy my gesien probeer
Weer en weer oor al die seer
Wat meer kon ek vir ons twee gee
Koor
Uit die pen van my
Skryf ek woorde van jou
Uit die pen van my
Loop die spore van jou
Uit die pen van my
Sien ek alles en jou
Brug
En ek wou dit regtig beautiful hou
Vers 2
Het jy die mooi aand gesien
Ek tel die sterre nou, negentien
Wonder of jy weet wat ek nou weet
Het jy die mooi maan gesien
Dit wat jy en ek verdien
Wonder of jy onthou van my en jou
![]() |



