Uit die argiewe: Swart onderwys ’n geskiedenis – II

  • 0

12 Februarie 1967 publiseer UNESCO ’n verslag oor die stand van swart onderwys en is die bevindinge soos volg:

The United Nations report avoided strong terms, but it said there was discrimination in all levels of education and that the restrictions keep Africans at the most menial level of society.

Dit is ’n ope vraag hoe dr Marié Heese hierop sou reageer.

1 Maart 1970 word die volgende publiseer, “School Gap Found in South Africa”. Die hooftrekke daarvan is soos volg:

A black African woman earning $192 a year as a domestic worker pays $90 a year to keep her four children is school. Thousands of black African pupils were turned away because there was no place for them.

Die gemiddelde inkomste vir ’n werkende Afrikaan was $44,80 per maand en teenstelling met die ander bevolkingsgroepe wat nie vir hulle opvoeding hoef te betaal nie, beteken dit dat die Afrikane wat nie hierdie kostes kan betaal nie, uitval en dan so ongeletterd bly.

Slegs 30% van die kinders vorder na die vierde jaar van skoolopvoeding. Uit 9500 skole bied slegs 89 skole matriek aan vir die Afrikaan, net soos 87% van die onderwysers nie verder as matriek gevorder het.

Comestor maak groot gewag van die wat nie belasting betaal nie, maar in 1973 volgens die artikel in die New York Times was die inkomste vir die wit groep, $211,60 per maand in skrille kontras tot die $11.50 vir die swart groep. In die toekoms kan Comestor asseblief die konteks ingedagte hou wanneer sulke opmerkings gemaak word.

Die tyd loop en die status soos dit was in 1976 word nou bespreek. Per kop word daar $763 aan die wit leerling spandeer en net $48 per kop aan die swart leerling. Die beleid van 1954 hou nog steeds water en met die swart ouer instaan met geld wat nie tot hulle beskikking is nie. Die gevolge soos alreeds gesien is dat die kinders nie vorder nie en uitval.

Gereeld word die mite herhaal die onderwys van vandag, “sleg” soos dit ook al mag wees, ’n verbetering is.

Dit is gewoon onwaar:

With more than 4.5 million students, the black schools are chronically overcrowded. More than ’n million on a double-shift system, each group spending only 3.5 hours at the school.

Jan Rap skryf ook dat ek “laat versteekte kostes buite rekening, soos oprig en onderhoud van skoolgeboue, vervoer, paaie, krag- en watervoorsiening, die soort van ding”.

Die status word soos volg beskryf in 1979:

About $750 per pupil per year spend at the white schools versus those for segregated black schools at about $65 per pupil. Even those figures are deceptive since for the black schools and NOT for the white schools they include capital construction costs, just as blacks will continue to pay various fees that can amount to $200 per annum.

Presies die teenoorgestelde van wat Jan Rap aanvoer.

Wanneer hierdie stelling dus gemaak word, dan is dit nie dat dit uit die lig gegryp is nie, maar dat daar werklik gaan bevestig is hoe die verloop van omstandighede was. Soos gesien kan word in hierdie brief. Die enigste leser wat deur ’n Jan Rap of ’n Comestor om die bos gelei kan word is die oningeligte leser of die leser wat in ooreenstemming met die ideologie is.

’n Bietjie hoop in die konteks van die onderwerp van hierdie brief kom van ’n artikel gepubliseer in 1982 en bespreek die berugte “bush colleges” en die verbetering wat die regering van die dag geloods het:

The fundamental point of controversy is what university education for blacks is supposed to accomplish. Is it simply to overcome the shortage of technicians in South African industry? Or is it to educate citizens for an emerging South Africa?

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top