Hello
Daar is ’n baie goeie rede vir die individu om tog aktief die verlede te ondersoek en dit te probeer doen in so ’n onpartydige manier as wat menslik moontlik is en die bevindinge hoe onaangenaam dit ook al mag wees te aanvaar as die waarheid en ’n betroubare opskrywe van die geskiedenis. Die kennis van die verlede en die geskiedkundige verloop sal dien as beskerming teen die pogings van ’n Jan Rap en ’n Johannes Comestor om daardie geskiedenis te herskryf of wanvoorstellings daarvan te probeer formuleer.
’n Uitsonderlike venynige metodiek aangesien dit onder die dekmantel van sogenaamde onpartydigheid geskied net soos beide Jan Rap en Johannes Comestor implisiet en eksplisiet hulself as intellektuele voorhou.
Jan Rap met die eindlose skrywes ’n onmoontlike purisme verkondig en Johannes Comestor wat boek na boek hier paradeer wat kwansuis onderskraging vir die ideologie waarvoor hy staan bied. Male sonder tal is dit al deur hierdie deelnemer aangedui hoe verstommend dit is dat die verskeidenheid van skrywers tog daarin slaag om die enkele visie van Comestor te onderskraag.
In die konteks daarvan word die volgende stelling van Jan Rap ondersoek wanneer Jan Rap skryf:
... dat jou vergelyking wat betref die spandering per kop tussen swart en wit leerlinge nie eintlik reg is nie. As die regering byvoorbeeld ’n gelyke bedrag aan swart onderwys as wit onderwys spandeer, dan is logieserwys daar minder per leerling as daar meer swartes as wittes is.
Dit behoort vir die leser duidelik te wees dat ’n gruwelooslike denkfout deur Jan Rap openbaar word en lig werp op die interne drywers wat Jan Rap motiveer, naamlik dat koste vir onderwys geskied per bevolkingsgroep en dat dit aanvaarbaar is dat dit so moet wees en nie die alternatief daarvan wat die leerling as ’n individu sien en aandring dat die uitgawe per kop gelyk moet wees nie.
Gruwelooslik soos “apart maar gelyk” ook al mag wees, sal dit dan veronderstel dat die uitgawe per kop dieselfde sou wees.
Na die argiewe dan vir die ondersoek hiervan in die “newspaper of record” en ’n rekord wat sonder weerga is, dalk nie indien die plaaslike publikasies daarin sou slaag om hulle argiewe beskikbaar te maak.
3 Januarie 1954: The African National Congress has called on the blacks and others in this country to oppose application of the Bantu Education Act. Dr Verwoerd has warned that “native education must not create people who expect from life in South Africa what it cannot give them”. The Government has warned that opposition to the application of the law will not be tolerated.
7 November 1954: The government says it will increase black education but it has limited the contribution of the state to Six and a half million pounds a year and ruled that the black population must find the balance.
16 Augustus 1955 word ’n brief van Alan Paton gepubliseer waarin die onderwys deur hom kritiseer word. CJ Lucas volg dit op met ’n brief van sy kant af met hierdie bekende refrain wat standaard geword het. “The domestic problems of South Africa should be left to those who are thoroughly familiar with them”.
So asof Alan Paton nie sou wees nie.
Verskeie datums en gebeure word aangespreek, die 1959, Orwelliaanse newspeak “verlenging van onderwys-wet” wat as werklike doelwit inperking het en die gebeure in die res van Afrika waar kolonies bevry word.
Dit bring die gebeure op datum en word die volgende uitgelig ...
Vervolg ...
Baie dankie
Wouter

