Uile roep
Vers 1
Dit was 'n warm lentedag
Jy het so mooi gelag
En soos 'n warrelwind
Daardie dag het ons mekaar gevind
Sigarette op die vensterbank
En koffie op die stoep
Ek mis jou vanaand
Soos die uile na my roep
Vers 2
'n Rukkie later, kwater
Dit is nooit soos op 'n
eend se krom rug water
Daardie nag het ons begin ontbind
Sigarette op die vensterbank
En koffie op die stoep
Ek mis jou vanaand
Soos die uile na my roep
Brug:
Want dit is donker, duister
Ek hoor net koggels, stemme
Saggies fluister
Ek wil ophou luister
Sigarette op die vensterbank
En koffie op die stoep
Ek mis jou vanaand
Soos die uile na my roep
Met koffie op die stoep
Soos die uile na ons roep
![]() |



