ubuNtu van abaNtu

  • 0

virrie sov’lste keer, Mens, Sapiens,
vir eie, Eie, Vryheid, Bevrydheid,
kom Mens kort, pleinkommin sens,
(sonner akuut of kappie) Afrikaans

al word Sy deur sommiges uitg’kryt,
as “iets”, abaNtu t’herinner aan sintu,
van “anner” inne “ras”, “klas”, t’pas,
“wetenskaplik”, nes toent’rapartheid

Naaste, Aardb’woner, Mens, umNtu,
Schepsel, supermampara, domnooslik,
lat Self-destruksie so veldbrandlik woed,
onkund’-ontkenningsvrug, glo bittersoet

wou “Duiwelspiek”-dissipel ma’ net g’waag’t,
sou Mens (net b’tyds) God se Toets g’slaag’t

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top