Tydelike toekoms
Dit is elke naweek se storie
Ek sien nie eers meer uit nie
Die aand is al geskryf
Maar daar is nog steeds ’n gefuif
Die verwagting is daar, en die teleurstelling aanvaar
So laat gaan jouself! Ja, laat gaan jouself!
Die bottle is half vol
En die joint slaan die kol
Verskoon my arrogansie
Maar niemand noem ons mans nie
Dit maak my gelukkig
Maar die ander net versigtig
Môre sal ek betaal
vir vanaand se verhaal
Is ek die laaste van my soort?
Of gaan ek net oorboord?
![]() |



