Tyd vir Darwiniste om aan te beweeg

  • 15

Dit wil voorkom asof darwiniste vandag poog om deur hipotese gebou rondom komplekse biologiese en fisiologiese prosesse (Stephan noem nege sulkes) aanspraak te maak op die sukses van darwinisme as model. Dus, hulle probeer verwarring skep deur ’n reeks komplekse prosesse en ineengevlegte hipotese rondom dit, voor te hou en op só ’n manier die aandag af te wentel van die feit dat die hele darwinistiese evolusionêre hipotese alreeds fataal in sy essensiële en basiese konstruk gefaal het.

Maar ons gaan hulle terugbring by die grondbeginsels van darwinisme om uit te wys dat ons hulle klugspel ontrafel het.

Die darwiniste hier rond maak aanspraak (evo devo) daarop dat die werking binne die genetika, byvoorbeeld, hulle hipotese van intelligensielose en onontwerpte komplekse lewe en die ontwikkeling daarvan uit sogenaamde ‘eenvoudige’ vorm/e, bewys en ondersteun.

Met ‘eenvoudige’ vorm word bedoel die eenvoudigste vorm van biogenetiese selletjie/s of repliseerder/s wat deur ’n proses van abiogenese (lewe uit nie-lewe) ontstaan het (hoe, kan hulle op eie erkenning ná twee eeue se probeer, nie sê nie en Dawkins noem dit “luck”)wat dan by wyse van toevallige, lukrake seleksie en mutasie ontwikkel het tot waar die kompleksiteit van lewe binne die aardse biosfeer vandag, is. Die kruks van die saak vir die darwinis is dat die darwinistiese hipotese in sy neo-darwinistiese gewaad, steeds poog om te bewys dat lewe sónder betrokkenheid van die Skepper só uitermate kompleks ontwikkel het en steeds ontwikkel.

Die eerste en grootste probleem vir die darwinis is dat hy op geen wyse hoegenaamd kan bewys hoe die eerste repliseerder/s in die lewe gekom het, om vandaar te kon ontwikkel nie. Dit wil sê, hulle kan ook glad nie bewys dat abiogenese hoegenaamd plaasgevind het, nie – dit is ’n blote, wilde hipotese. Hulle kan dus ook nie ontken, dat die eerste lewe deur God geontwerp en geskep is, soos die Woord dit verklaar, reeds meer as duisende jare gelede, vóór daar nog biologiese wetenskapsbeoefening was. Dus ’n uiters betroubare antieke bron, gegee deur die Skepper Sélf.

As wetenskaplikes, behoort biologiese wetenskaplikes dus ook, verál in die lig van hulle onvermoë tot bewys andersins, daardie te weg ondersoek, want die Bron wat Hom al in antieke tyd uitlaat (in die opgetekende Woord) oor relevante wetenskaplike aangeleenthede móét relevant wees en ís relevant, verál waar die hedendaagse wetenskap nié ’n oplossing kán vind vir hulle hipotese oor die ontstaan van lewe, nie.

Darwinistiese evolusioniste het al vir die afgelope byna twee eeue geleentheid gehad om hulle bewys voort te bring en gefaal. Hulle is uitgedien en hulle tyd is verby. Tyd om aan te beweeg na Waarheid. Elke wetenskaplike wat sy amp werd is, sal, wanneer hy deur ’n nuwe dissipline gekonfronteer word, soos die betrokkenheid van skepping in die Spirituele dimensie wat manifesteer in die fisiologiese biologiese dimensie, eerstens ’n geskikte teorie formuleer en dan besig raak om geskikte metodes, tegnieke en toerusting (indien van toepassing) te vind en ontwikkel om by wyse van die biologiese metode vir die haalbaarheid van die teorie te toets totdat bewyse ook langs dáárdie weg gevind is.

Maar ons vind dat darwinistiese bioloë eenvoudig nié belangstel om langs die aangewese wetenskaplike metode te soek, nie.

Hoekom is dit belangrik? Dit is van kardinale belang, want omdat God, ooreenkomstig die antieke bron, die Woord, die eerste lewe, geontwerp en geskep het, beteken dit ook dat God dit só geontwerp het dat alles in die natuurwetenskappe juis oor die verloop van eeue só uitval en afloop soos ons dit wel uit die fossielrekord en vandag sien gebeur.

Dit beteken ook dat die darwinistiese leerstuk alreeds de novo faal, want dit is juis daarop gerig om die betrokkenheid van God as Ontwerper en Skepper te negeer – darwinisme is dus nié ’n wetenskaplike metode nie, maar ’n suiwer religieuse filosofie wat daarop bereken is om ’n alternatief vir die Christelike Godsdiens te bied en propageer.

Professor Michael Ruse, ex-Christen en darwinistiese evolusie stalperd, stel die dilemma van hulle só:

“But I am coming here and saying, I think that philosophically that one should be sensitive to what I think history shows, namely, that evolution, just as much as religion -- or at least, leave "just as much," let me leave that phrase -- evolution, akin to religion, involves making certain a priori or metaphysical assumptions, which at some level cannot be proven empirically. I guess we all knew that, but I think that we’re all much more sensitive to these facts now. And I think that the way to deal with creationism, but the way to deal with evolution also, is not to deny these facts, but to recognize them, and to see where we can go, as we move on from there.”

“This doesn’t mean to say that I don’t want to stand up for evolution, I certainly do. But I do think that philosophy of science, history of science, moves on, and I think it’s incumbent upon us who take this particular creationism - evolution debate seriously, to be sensitive to these facts, and not simply put our heads in the sand, and say, well, if we take this sort of stuff seriously, we’re in deep trouble. Perhaps we are. But I don’t think that the solution is just by simply ignoring them.” - Saturday, February 13, 1993, 1993 Annual Meeting of the American Association for the Advancement of Science, at the symposium "The New Antievolutionism".

“Evolution is promoted by its practitioners as more than mere science. Evolution is promulgated as an ideology, a secular religion—a full-fledged alternative to Christianity, with meaning and morality. … Evolution is a religion. This was true of evolution in the beginning, and it is true of evolution still today.… Evolution therefore came into being as a kind of secular ideology, an explicit substitute for Christianity”. – “Saving Darwinism from the Darwinians,” National Post, May 13, 2000, p. B-3.

Tyd om aan te beweeg – heeltemal weg van die mislukking - darwinistiese tipe evolusie – af, na God, die Skepper toe.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 15

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus,

    Dis presies soos jy dit elders op my probeer afdwing met; "Dankie, Kerneels! Jy doen goed deur die kreasioniste (sic) en ander gelowiges se webwerwe te promoveer. Het jy gesien die "bydraes" wat jy weer deesdae maak, hmm? Hoe leeg en banaal dit is? Hoe jy nie in staat is om enigiets sinvol te plaas nie, behalwe as jy iemand anders wat sinvol kan skrywe, aanhaal? Kobus de Klerk" 

    En soos onse Woutie se woernaal toe daarop volg; "So snou deksel nou vir pot. Henn aan De Klerk."

    Hehehe ... dit sal seker nooit eindig nie né ...

    Jou amigo in Adam,
    Ekke

  • CorneliusHenn

    Maar dan ook weer ou Kobus, hoe sal jy ooit die waarheid omtrent jouself kan aanvaar? Tyd vir Kobus de Klerk om aan te beweeg ... lyk my jy dink dis weer tyd vir jou aborsie, homophobia of genadedood woernale ... jou paranimf Erika Henn is ook seker al naby aan reg om te kom help skrop ...

  • Stephan Marcus

    Evolusie is ’n bewese feit. Streng neo-Darwanisme is en was nog nooit nie. Selfs in die tyd toe die moderne sintese geformuleer is was daar diegene (gene haha) wat nie oortuig was nie en sedert daardie tyd was daar nog altyd aspekte waaroor skerp verskil word. Dit is wetenskap.

    Die waarheid is dat die meeste bioloë nie spesialiste in evolusie is nie en dat hierdie argumente by hulle verbygaan. Wat ’n praktiserende dierkundige in die veld sien is morfologiese en fisiologiese aanpassing by ’n lewenswyse. Wat hulle van molekulêre biologie weet is soms gevaarlik, maar wat hulle wel weet is dat genotipe groot en deels fenotipe bepaal en dat fenotipiese seleksie in byna alle gevalle lei na veranderinge in fenotipiese en geen frekwensie.


    Gewone wetenskaplikes is nie filosowe nie, hulle is nie uit op ’n kruistog vir die of daai ideologie nie en hulle dink meestal nie aan die sosiale implikasies van hulle werk of die teorieë wat hulle as waar aanvaar nie. Hulle gebruik evolusie elke dag omdat dit werk, omdat dit verklaar wat gesien word en vir hulle werk nuttig is. Daar is waarskynlik meer wat die name van die Khardashian suster kan opnoem as wat weet van Wallace, Huxley, Haldane, Dobzhansky, Mayr, Eldredge, Kuhn of Popper.

     

    Michael Ruse is nog steeds ’n neo-Darwanis en ’n oortuigde evolusionis. Ek dink hy bestee te veel tyd in die hof, die lesingsaal en voor sy rekenaar en is te verdiep in die polemiek tussen Christen fundamentaliste en militante ateïste. Hierdie is die oortuigdes. Die wat evolusie as ideologie vir rasionaliteit of teen godsdiens sien. Aan beide kante is die hoof spelers randfigure wat nie die houdings van die meerderheid verteenwoordig nie. Dit sou hom waarskynlik baat om tyd in die veld of die laboratorium te spandeer. Hy sal sien hoe ongeërg meeste wetenskaplikes is oor evolusie. As biologiese teorie bedink min dit, want soos die teorie van gravitasie vir lugvaart ingenieurs, is dit net nie kontroversieel nie, dit hoef nie bevraagteken te word nie, want dit werk. As ideologie of sekulêre godsdiens, wel in hierdie land is die meeste ouer wetenskaplikes nog steeds godsdienstig terwyl die sekularisering van die jongeres veel komplekser oorsake het as ’n verwerping van die letterlike lees van Genesis.

  • Beste Kobus, Jy sê:  Tyd om aan te beweeg – heeltemal weg van die mislukking - darwinistiese tipe evolusie – af, na God, die Skepper toe.

    Dis mos nie aan beweeg nie? Dis mos terug beweeg na 200 jaar gelede toe die Bybel en William Paley se Natural Theology, or Evidences of the Existence and Attributes of the Deity Collected from the Appearances of Nature die enigste boeke was wat benodig was vir die wetenskaplike. Miskien wil jy dit terug neem na die dae van Galileo, die geosentriese teorie, of miskien die plataarde teorie van die Bybel. Terug na die inkwisisie en die brandstapel. 
     
    Jammer, Kobus, ek het slegte nuus vir jou. Een van baie wette in die Evolusieteorie is die wet van Dollo. Snaakse wet hierdie wet van Dollo. Dit sê dood eenvoudig: "Al staan Kobus en al die Kreasioniste op hulle kop, terug beweeg na onkunde toe kan nie gebeur nie."
  • Kobus de Klerk

    Stephan se aanmerking dat ‘streng’ neo-darwinisme en daarom natuurlik ook klassieke darwinisme, nie feite is nie, maar dat evolusie ’n feit is, is absoluut in die kol (is dit?).

    Diegene wat sorgvuldig lees wat ek sê, sal beaam dat dit (onderhewig aan wat hieronder volg) presies is wat ek sê  – én kreasioniste én IO mense. Daaroor is ons dit eens.

    Mense soos Ruse en ’n paar ander en Stephan hier, vermy die ‘darwinisme’ etiket  - tereg so. Maar wat word nou met evolusie bedoel? As dit vir Ruse en Stephan et al. beteken dat lewe  deur toevallige, lukrake seleksie en mutasie ontstaan of ontwikkel het, is hulle besig met lippediens.

    Wat evolusie, eerder in sy gedaante as aanpassing, beteken, is dat daar doelmatig genetiese verandering plaasvind – voorbeelde is die Galapagos vinke en ander gevleueldes elders se intra spesifieke aanpassings, maar steeds pure vink; diere wat weens beskikbaarheid van voedsel aggressiewe jagmetodes en slagtande ontwikkel,  byvoorbeeld roofdiere (daar is die leeus van die Gir woude van Indië wat nog baie is soos dié in die Paradys straks was – hulle is baie ‘vreedsaam’  - ‘vreetsaam’  net as hulle baie honger is, Stephan -   verdraagsaam teenoor mense, wat nou aanleiding gee dat hulle deur vermoedelik Sjinese buitgemaak word vir hulle kloue en voet beentjies vir ‘medikasie’); Olifante wat, soos in die geval van die Afrika bosolifante wat in die woude van Gabon kleiner van gestalte is en kleiner ronder ore en eerder lang, reguit slagtande ontwikkel in stede van die gebruiklike gekromde slagtande van Afrika olifante, juis om makliker te beweeg in die digte Afrika woud, maar steeds pure olifant;  die Soematriese pigmee renoster wat so klein is om suksesvol as bodem dier in die reënwoud te oorleef, maar steeds pure renoster horinkies en al; Die talle tropiese voëls met hulle unieke vlerke, kleure en maniere om suksesvol in die trope te oorleef, maar steeds pure voël;

    Dit is ‘evolusie’. Aanpassing.

    En, dit is Goddelik só geontwerp. Daar is géén getuienis wat die evolusionis, darwinis kan aanbied dat dít die gevolg van toevallige, intelligensielose lukrake seleksie en mutasie prosesse is, nie.

    Terloops, Stephan, Ruse is ’n evolusionistiese filosoof. Hy is ’n darwinistiese evolusionis omdat hy nie in God wíl glo nie – nes jy. Hy hang die darwinistiese evolusieleer aan, omdat dit vir hom die alternatief bied tot die Christendom, omdat hy dit só wil. Nes jy.

    Angus se niksseggende gepruttel hierbo, beteken, soos gewoonlik niks. Hy is erger as die stoere dopper wat sê om gesange te sing, is sonde, mag net psalms in die kerk, sing. Dit is sulke mensgemaakte reëls wat die klassieke kerke laat leegloop en dit is sulke klassieke darwinistiese uitlatings van Angus en sy trawante, wat die darwinisme ontbloot het vir wat dit is – ’n klug.

    Darwinistiese evolusie in enige gewaad, is nié wetenskap nie, maar religieuse filosofie. Dit is juis die darwinistiese element daarin, wat dit só maak – as religie en agnostiese filosofie.

    “Origin of man now proved. --Metaphysics must flourish. --He who understands baboon would do more towards metaphysics than Locke  … There is grandeur in this view of life”  - Charles Darwin

    “The question of questions for mankind -- the problem which underlies all others, and is more deeply interesting than any other -- is the ascertainment of the place which Man occupies in nature and of his relations to the universe of things.” - Thomas Huxley

    “I now wish to give some reasons why I regard Darwinism as metaphysical, and as a research programme. It is metaphysical because it is not testable.” - Karl Popper

    “Now I think that many people in this room would acknowledge that during the last few years, if you had thought about it at all, you’ve experienced a shift from evolution as knowledge to evolution as faith. I know that’s true of me, and I think it’s true of a good many of you in here.” - Colin Patterson

    Julle leef ’n klug. Julle hang iets aan waarvan julle nie die implikasies begryp nie . Net ape doen sulke onnosel dinge…

    Kobus de Klerk

  • Hallo Kobussie

    Na dit alles, vertel jy nog steeds nie die waarheid nie, soos byvoorbeeld:

    @Kobussie: " Daar is géén getuienis wat die evolusionis, darwinis kan aanbied dat dít die gevolg van toevallige, intelligensielose lukrake seleksie en mutasie prosesse is, nie.."

    Die Toerie van Evolusie bied aan dat moderne organismes 'n gevolg is van verskynsels soos:

    1.Lukrake mutasie (lees enige biologiese joernaal, daar is volop bewyse)

    2. Migrasie (of geenvloei- daar is volop bewyse)

    3. Genetiese drif (daar is volop bewyse)

    4. Natuurlike seleksie (daar is volop bewyse)

    Dis behalwe al daai ander meganismes.

    Kobussie, jy weet, on aanhou om leuens te vertel help regtig nie jou saak nie.

    Dis dieselfde as om aan te hou om quote-mines aan te haal van die paar mense wat jy dink se quotes jou help. Daar is honderde duisende ander spesialiste met die teenoorgestelde quotes.

    Leuens help jou nie, al dink jy dat dit jou help!

    Aanvaar dit maar, die natruurwetenskappe werk nie op versies (quotes) nie.

    Die natuurwetenskappe werk nie op quotes nie, maar werk op wat gedemonstreer kan word met "evidence". Gepubliseer in eweknie-hersiende joernale en aanvaar deur spesialiste.

    Lees maar weer daai Gould-quote (aangesien jy dink die natuurwetenskappe werk op quotes). Jou sienswyse is definitief nie gebasseer op  "design" nie

    Kleinkoos.

  • Hallo Kobussie

    Ek sien wat jy vertel oor nog 'n ander aangeleentheid.

    Soos byvoorbeeld, ek kwoteer wat jy geskryf het:

    @Kobussie:“Origin of man now proved. --Metaphysics must flourish. --He who understands baboon would do more towards metaphysics than Locke  … There is grandeur in this view of life”  - Charles Darwin

    Ek het al lankal geleer om te weet dat, as kreasioniste so kwoteer, hulle jok oor wat tussenin kom. En ek was weereens reg.

    Daardie laaste deel van jou kwotasie:

    "......There is grandeur in this view of life”  - Charles Darwin"

    Kom uit Origin of Species. Die volle kwotasie is (uit die eerste weergawe, 1859):

    Darwin: "There is grandeur in this view of life, with its several powers, having been originally breathed into a few forms or into one; and that, whilst this planet has gone cycling on according to the fixed law of gravity, from so simple a beginning endless forms most beautiful and most wonderful have been, and are being, evolved.

    Uit latere weergawes (vanaf Januarie 1860):

    Darwin: " There is grandeur in this view of life, with its several powers, having been originally breathed by the Creator into a few forms or into one; and that, whilst this planet has gone cycling on according to the fixed law of gravity, from so simple a beginning endless forms most beautiful and most wonderful have been, and are being, evolved. "

    As kreasioniste die" ......" iets"..."iets"...."iets"..." gebruik, weet jy hulle vertel altyd absolute onwaarhede!

    Alhoewel, hulle hoef dit nie eens te gebruik nie. Kreasioniste vertel nooit die waarheid nie!

    Kleinkoos

     

     

  • Kobus de Klerk

    Ag, die verskil is maar net jy nie die kaf van die korrels kan skei nie. Kleinkoos - dit is hoekom jy 'n agnostikus, 'n darwinis, is.

    Jou bydraes is nutteloos - jou refreintjie is so kinderagtig. Kyk om jou rond, van jou ander sielsgenote is tog inderdaad in staat om soos volwassenes (hoewel mislei) te kommunikeer.

    Daar is kundige mense wat weet en ook sê dat Darwin sy hipotese as 'n alternatief vir die Christendom gegee het. Wat hy geskryf het, bewys dit as sulks.

    Die 'creator' waarvan Darwin praat, is toeval. Alles wat hy is sy boek sê. kom daarop neer.- jy is maar net te dom om dit in te sien.

    Kobus de Klerk

  • Kleinkoos, jou verduidelikings en opsommings is uitstekend en De Klerk het nie 'n idee nie. Die eindelose aanhalings van menings deur hom as "bewyse" is net te dik vir 'n daalder en is ek dit eens met jou wanneer jy skryf:

    "Die natuurwetenskappe werk nie op quotes nie, maar werk op wat gedemonstreer kan word met "evidence". Gepubliseer in eweknie-hersiende joernale en aanvaar deur spesialiste".

    Die detail ontbreek van De Klerk en sy trawante en die detail is altyd meer as wat hier deur hulle aangebied word.

    Neem nou weer die kwessie oor die oorsprong van lewe.

    Volgens die "kreasioniste" en "ontwerpers" het die 600 woorde of so aangehaal die kwessie aangspreek.

    Natuurlik nie.

    Daar is detail wat die vorming van planete bespreek, die stand van die aarde en die toestande wat geheers het, die chemiese proses.

    Die wat De Klerk wil glo, moet so doen, die verdien mekaar.

    Daar is geen salf te smeer aan die ongeligtes en verkies hulle om nie die moeilike werk te doen van verstaan nie.

    Maar dankie vir al jou kommentaar en die moeite daarmee.

    Dit was leersaam vir my.

    So ook die van Stephan Marcus et al.

  • Beste Kobus, 

     
    Almal hier, behalwe miskien tant Alie, weet al dis hoe jy al die jare by my probeer verbykom: “Angus se niksseggende gepruttel hierbo, beteken, soos gewoonlik niks.” En dit is juis die kernvraag van die hele argument, Kreasionisme  v Wetenskap wat jy vermy. 
     
    Jou volgende stukkie taktiek is om alles om te draai. Nou is dit ewe skielik die wetenskaplike wat moet bewys dat daar nie ? god is nie. Jy dink dis knap gedaan, maar dis te ooglopend. Laat ek jou tog maar weer inlig: ons wetenskaplikes gee nie ? snars om of daar ? god is of nie – ons is heel tevrede met die evolusieteorie of watter model ons mee werk. Dis julle Kreasioniste wat verleë is. Dis julle wat ten alle koste ? Godmodel op die wetenskap wil afdwing.
     
    Dis alles goed en wel, maar dan sal julle bewys moet lewer dat God bestaan – ongelukkig werk die wetenskap so. Dan sal julle moet bewys dat hy bonatuurlik kan ingryp – ongelukkig vir julle werk die wetenskap so.  Om net te glo dat God bestaan is onwetenskaplik, en om net te glo dat hy bonatuurlik kan ingryp, is onwetenskaplik – dis maar hoe die wetenskap werk.
     
    Omdat gode en die bonatuurlike die skepping van die menslike verbeelding is, sal dit vir julle onmoontlik wees om te bewys dat God werklik bestaan, en daarom is Kreasionisme  ? pseudowetenskap, en daarom sal dit ? pseudowetenskap bly.   
     
    Al wat Kreasioniste kan doen is om Darwinisme aan te val, dit dra dus absoluut niks by tot die wetenskap nie. Al jou aanhalings, al  jou gegoogelde “kennis”, al jou kreasionistiese truuks, is alles tevergeefs.
     
    Groete
     
    Angus
  • Dankie vir jou aanmoediging, Wouter.

    Angus, ja, ek sien ou Kobussie gaan maar te werk soos alle kreasioniste. Hy dink dat as hy die Teorie van Evolusie op een of ander manier as verkeerd kan aantoon, skepping deur sy god of gode sommerso aanvaar sal word.

    Hy besef nie dat, al sou hy op een of ander manier die Teorie van Evolusie as verkeerd wys, die heelal nog steeds meer as 14 miljard jaar oud sal wees, die aarde nog steeds ongeveer 4.55 miljard jaar oud, die oudste fossiele wat gekry is nog steeds 3.8 miljard jaar oue eensellige organismes sal wees en die mens eers so 'n paar honderd duisend jaar terug  verskyn het nie. So as ou Kobussie se "nie-deur-design but stupidity"' maatjies op een of ander manier die Teorie van Evolusie as verkeerd kan aantoon, sal die wetenskaplike verklaring vir hoekom daar so baie spesies is doodeenvoudig wees: ons weet nie.

     Kreasionisme sal nie aanvaar word sonder "evidence" vir kreasionisme  nie.  Hy sal vinnig moet gaan soek na "evidence" vir 'n skepping in ses dae so 'n paar duisend jaar terug voor dit aanvaar sal word. Die  "evidence" in alle velde van die natuurwetenskappe toon die teenoorgwestelde as wat Kobussie en sy maatjies beweer.

    Kleinkoos

  • Kobus de Klerk

    Na al die getjommel en mekaar se bemoediging (julle het dit duidelik nodig) en die algemene verwysing na  evolusionistiese literatuur (wat in die eerste plek vir die kritiek verantwoordelik is), kom julle niks verder nie - nee wat Angus. Julle weet nie waar lewe vandaan kom nie - Ons het 'n Bron en die Woord. Dit is, selfs vir julle, prima facie getuienis waar lewe vandaan kom. Nou, soos dit met enige prima facie getuienis is, moet jy die teendeel bewys as jy daarvan ontslae wil raak.

    Daar die truuk van julle staan nie meer nie. God is nie te bewys nie - God is - en Sy skepping getuig van Hom. Alles in die skepping dui daarop en spreek van God se onmeetlike Intelligensie en kreatiwiteit.

    Julle sal ons nooit anders oortuig nie - waarop dit alles neerkom - nie omdat julle die wetenskap het wat julle ondersteun nie (want dit gebeur nie - dit ondersteun kreasionisme deur God) - is dat julle God nie wil erken as die Skepper nie, en daarom hang julle die religie van darwinistiese evolusie aan.

    Die doel van dit alles is om daardie klug van julle, uit te wys.

    Kyk na Wouter en Kleinkoos se stellings - hoe op aarde kan julle dink dat daardie dinge ooit bewys kan word? Dit is alles hipotese, geloofsuitinge van julle, bereken daarop om God as Skepper te ontken.

    Kobus de Klerk

  • Henry Oosthuizen

    Vriend  Kleinkoos, dis interessant om te sien dat jy beweer  dat die heelal meer as 14 miljard jaar oud is. Regtig is dit so?  Ek verstaan dan dat die heelal 65 miljoen jaar oud is volgens n’ ander Darwinis. Wie is dan nou reg, hy of jy. Kleinkoos, jy sê dat die aarde ongeveer  4.55 Miljard jaar oud is, nê.Is dit nie miskien 4.24 miljard jaar of dalk 3.29 miljard jaar of dalk 2.2563913652 miljard jaar oud nie.Skuus man ek wil graag julle geloof hê maar klink my jy is nie te seker nie. Vriend Kleinkoos , jy sê dat die oudste fossiel  3.8 Miljard  jaar oud is. Werklik!! Van wanneer kan n’ fosiel praat en sê hoe oud hy is. Kleinkoos, jy sê dat die mens al sowat 100 000 jaar terug verskyn het, nê.Hoe is dit dan dat somige van julle beweer dat die eerste mense al 4.6 milj jaar terug uit ape ge-evoleer het. Wie is nou eindlik reg, Jy of hulle.My vriend kleinkoos, die evolusie teorie is bloot n’ geloof in iets wat wemel van die leuens .Dit is onmoonlik vir iets om uit niks uit te onstaan.My vriend,  jy is geskape na die Beeld van God en het jy nie uit n’ aap uit ge-evoleer nie. Kobus ek stem saam. Dis tyd vir Darwiniste om aan te beweeg.         

  • Hoe het Henry bevestig die heelal is slegs 65 miljoen jaar oud, waar sal Henry se verwysings vandaan kom? 

    Die syfers geplaas is die aanvaarde norm in die onderskeie disiplines en enige handboek sal dit uilig en soos bevestig deur Kleinkoos. Geen "geloof" word benodig maar slegs kennisname. 

    Is die veronderstelling dan dat die aanvaarde kennis oor die onderwerp vals en doelbewus word die publiek, studente en skoliere bedrieg? 

    Asook De Klerk se gewone refrein: 

    "God" behoef geen bewys nie en dan die stertjie, "Sy" skepping getuig van "Hom"

     Hoe kan dit bevestig word?

     Hoe sien julle dit net?

     Al hierdie prosesse hardloop en getuig volgens julle argumente van "Hom"?

     Word Genesis van 'n onbenullige volkie wat weens 'n sameloop van historiese onstandighede jul verwysing vorm gegee het maar nie afgeskud word nie as kwansuis 'n geldige alternatief om die werklikheid te verklaar.  

  • Kobus de Klerk

    As jy kon sien, Wouter, sou jy weet hoe 'dit bevestig word'. Spiritueel kon sien. Maar, nou is jy natuurlik 'n spiritueel blinde mens. Ek sal iets meer hieroor skrywe.

    Terloops. Henry het nie gesê die aarde is 65 miljoen jaar oud nie, maar hy sê duidelik dat ’n ander darwinis so sê en daarmee toon hy aan dat die een se raaiskoot soveel werd is soos die ander een s’n – niks. Dit is onbewysbare hipotese – ’n geloof, deel van julle religie, al staan dit in handboeke. Kyk nou na jou teenvraag aan hom – jy insinueer dat hý die bewering maak en jy toon geen begrip vir wat hy sê nie. As jy nie eens die eenvoudige diskoers oor een enkele aspek behoorlik kan volg in sy konsekwensies nie, hoe op aarde sal jy by die hele kwessie van Spiritualiteit kan uitkom.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top