
Foto: Canva.com
Tyd van verhuising
En nou het alles gebreek,
verbrokkel en vervloei
en in die grou eerste lig
staan katel, stoel en hangkas
in hul verlatenheid afgeëts,
ná die bewoners verhuis het
en in vervlietende menswees
lyflik verval en van invalide
tot lyk gereduseer,
uiteindelik weg is in die gees.


Kommentaar
Mooi gestel. Tafel, stoel en kas ... Kan nie die blywende lag, jeug en geluk verduister nie. Nie eens in die grys wêreld van die dood of die ouderdom nie. Gees leef voort in liefde.