Tyd om te vier
Soms wonder ek, is ek op die regte plek?
my hart is partykeer baie seer
en ook partykeer baie vol vrees
Die aarde se donkerte het my beroof
en soms twyfel ek in my geloof
My kop is ook soms vol vraagtekens
Is daar in hierdie lewe regtig mening?
Ek kort die krag om weer op te staan
in hierdie dag wat my net neer wil slaan
Maar liefde gee daai krag vir my
en met ware liefde is ek werklik vry
Ek verstaan dis moelik, ja, ek verstaan
dat dit moelik is om altyd weer op te staan
My broers, my susters, kom ons vergeet nou van gister
Ja, daar’s hoop, daar’s vryheid
Hou vas my hand, want ek is hier
om weer vir julle te wys dis tyd om te vier
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


