Tyd en Wyl
Die is die eerste bladsy van ? hoofstuk
met groot onsekerhede en twyfel voor
? Seer wat nog nie gaan slaap het nie en klou nog styf vas
Psalms en spreuke verlig ? onkonvensionele haat
en ? glimlag met seer kom na vore
Vir tyd en wyl altans
REFREIN:
Maar ek glo in ? beter more en ek dink dit wat jy sê is so
Ek hou van die beloftes wat voorlê
en ek weet wat ek ervaar sal herstel
Dubbel KWV's is net oogklappe vir ? swakker ek
en tussen die warrelwinde van emosies en gevoelens
weet ek in my hart ons vriendskap is groter as wat ons dink
Ek’t n hard vol woorde wat nooit gespreek sal word nie
Of vir tyd en wyl altans
REFREIN
Met hierdie kop wat oordink en na verduidelikings soek
is dit seker beter om net te aanvaar en te laat gaan
Met die gedagte dat herinneringe van foto’s
nie weer eerstehands beleef sal word nie
Of vir tyd en wyl altans
REFREIN (x2)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


