Ek wil ver weghardloop
Weg van al die mense
Wat hulself verkoop as liefde en genade
Maar al wat hulle werklik is
Is jaloers en nuuskierig
? Ongesonde nuuskierigheid
Wat almal se lewens steel
Ek wens net tyd wil stilstaan
Vir ? oomblik of vir altyd
Sodat almal kan sien
Dat ? gejaag na die lewe
Eintlik als verniet is
Ek droom van ? eiland
Ver weg van hier
Net ek en jy in die somerson
Stoksielalleen
Net soos daai aand toe jy my vasgehou het
Ek droom van ? lewe saam met jou
Sonder ? gejaagd na wind
My leë gedagtes word gevul
Met jou soet, stil woorde
Ek wil wegbreek van hierdie geraas
Na ? plek van diep stiltes
En geen woorde

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

