"Tyd" deur Erik Levigne

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Hierdie land van son en goud
Milla die eb en Maya die vloed
Hierdie land van see en sand
Milla die vlam en Maya die brand

Eers die reën en dan die boog
Eers die balk en dan die oog
Eers die grof en dan die fyn
Eers skuiling en dan die puin

Tyd is `n poel gevoel
`n Maalkolk van gewoontes
Liefde is `n rooi gevoel
Wat angs van vroeg af speen

Eers die vuur en dan die as
Eers die boom en dan die bas
Eers die been en dan die af
Eers die koring en dan die kaf

Tyd is `n poel gevoel
`n Maalkolk van gewoontes
Liefde is `n rooi gevoel
Wat angs van vroeg af speen

Wanneer ek eendag dood is
En al wat oorbly is my naam
Vra vir Milla en vir Maya
Om wydsbeen oor my graf te staan.
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top