tx

  • 0

alles vloei semanties, ineen, vertaald,
veral as’t nuuswaardig’s, trés important,
van lewensbelang vir modern neo-Mens,
vir Millennium Drie se Homo (Sapiens)²,
aan’t stry, baklei, moor, roof, verkrag,
verbeel Mens Mens Self, Mens is God,
of’t ampertjies byna net soveel Mag

spiritueel, ultra-apaties oor Sý Prima Gebod:
lat Mens Naaste as Ewe, Gelyke sal moet ag

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top